Dit laat jou dink

Lucas Maree oor die CD-projek + waar jy jou CD kan kry

Die waarde van vriendskap het soos ‘n helder lig geskyn die dag toe ‘n grope top-kunstenaars saamgekom het om geld in te samel vir hul siek musiekmaat Lucas Maree.

In jou November-SARIE kan jy lees van mense soos Mathys, Kurt, Coenie en Anton oor Lucas sê.

Lucas Maree raak aangedaan en “voel oorweldig” deur wat sy vriende vir hom doen.

“My hart is vol. Ek het nie woorde om te beskryf hoe geliefd ek op hierdie oomblik voel nie. Ek weet nie wat ek reg gedoen het om sulke vriende te verdien nie.”
Vir hom is die menslikheid en warmte waarmee die projek aangepak is ‘n bron van energie.
“Ek het elkeen van hierdie mense wat aan die CD deelgeneem het, opreg lief. Ek wens uit my hart ek kon vandag by hulle gewees het.”
Hy sê hy wil al die liefde “spaar” en bietjies-bietjies opgebruik op die dae dat hy nie so gesond voel nie.
“Ek het dalk nie my miljoen gemaak nie, maar my vriende, gemeet aan geldwaarde, is ver meer as ‘n miljoen werd.”

En vir SARIE sê hy:

“Ek is stemloos, woordeloos en asemloos. Tot nou toe het dit soos ‘n droom gevoel, maar ek het nou net die SARIE gekry. Hoe gaan ek ooit genoeg kan dankie sê? Ek is baie lief vir julle.”

Waar kry ek my CD?

“Lucas Maree – Een uit ‘n miljoen” is vanaf 8 November 2010 by MUSICA te koop.
Die musiekvideo van Miljoen is net in 30 000 SARIE’s in SPAR Supermarkte beskikbaar.
Eksklusief eerste beskikbaar in SARIE!

 

  • Ria Roux

    Lucas, jy is ook ‘n fb maatjie van my. Ek wil net vir jou se almal is so lief vir jou omdat jy ook soveel liefde gee. Sterkte vir jou vorentoe!

  • René van Vuuren

    Vriende kom in ‘n mens se lewe met ‘n doel, hulle is soos pilare op ‘n stoep, soms hou hulle jou staande, soms leun jy teen hulle, soms is dit net genoeg om te weet dat hulle daar is vir jou. Baie dankie aan almal wat gehelp het om hierdie CD te maak – my dankbaarheid ken geen perke vir wat julle vir my broer gedoen het nie – hy is so kosbaar vir ons.

  • Lenie Hanekom

    Hi Lucas, ek is definitief een van jou groooootste fans en kan nie wag dat die CD die rakke tref nie!!! Sterkte vir jou en jou familie.

  • engemi

    Sterkte Luca, jy is inderdaad soos almal sê Een uit ‘n Miljoen. Dankie vir al jou songs en woorde deur die jare en mag jy en Ilse en jou meisiekinders geseënd wees in die liefde van soveel vriende

  • Trix Hand

    Lukas, sterkte aan julle as gesin, familie en vriende! Dit is vir my so wonderlik dat julle as kunstenaars kan saamstaan in tye soos hierdie; en dat elkeen nie net aan hom- of haarself dink nie! God’s rykste seën aan julle almal.

    Lovies

  • Erna

    Lucas baie sterkte vir jou en jou familie. As ek aan Lucas dink dan kom die woorde van Winston Churchill by my op "Ons oorleef op wat ons kry, maar ons leef deur wat ons gee", met sy woorde het hy al so baie vir ons mense gegee, baie dankie daarvoor.

  • Sandra

    So bly om die CD van jou pragtige liedjies te kan koop. Dankie daarvoor, Lucas! Jou vriende is ‘n awesome klomp – wees dankbaar vir die voorreg om hulle te hê. Leef steeds voluit, een dag of selfs een uur op ‘n slag.

  • Willem

    "Ek vermoed die liefde is soos die weduwee se kruik wat vol bly al sou sy daarvan gebruik."
    Ja, Lucas. Dis seker maar omdat jy so baie daarvan gee dat mense nie kan help om ook te gee nie. Jou musiek is soos Gert Vlok Nel van Koos Doep s’n ook sê: "hartverskerend mooi."

  • Charles

    Lucas baie sterkte vir jou en jou familie – vir iemand wat deur die trauma van prostaatkanker is wil ek jou net sterkte toewens. Ek hoop almal wat hier lees sal hulle slapgatgeid los en hulle gereeld laat toets vir die groot K. Manne dit maai onder ons en daar is hoop indien dit betyds uitgevind word!

  • Marike Pieterse

    Beste Lucas, eerstens baie sterkte vir jou en jou familie. Ek glo en vertou met al jou vriende, aanghangers en familie wat jou aan God opdra sal jy nog gesond word. Die woorde ook jou vriende is meer as ‘n miljoen werd is baie waar.
    Ek sal nooit die een aand op een Televisie program was waar jy en Coenie de Villiers die gaste was nie en hy jou siel so uitgerek het oor jy elke aand jou familie bel. Dit is al klaar ‘n wonderlike eienskap
    Mag die liewe Vader jou nog baie lank vir ons spaar

  • 6mENMJ btasqawhvjev, [url=http://jnbjbytvbrtn.com/]jnbjbytvbrtn[/url], [link=http://lmnwoqltnfjf.com/]lmnwoqltnfjf[/link], http://bykclpallaiw.com/