Dit laat jou dink

lyf

Die vel is die liggaam se grootste orgaan en absorbeer meer as 60% van die velsorgprodukte wat ons aanwend, onder meer sonblok. In ‘n onlangse studie deur die Environmental Working Group (EWG) in Amerika, waar meer as 1 500 sonskermprodukte getoets is, is bevind 59% van hulle is nie doeltreffend nie.Daarom is dit belangrik om te soek vir gehalte: sonprodukte wat nie net beskerm nie,maar ook voed. Maak veral seker dat jou sonblok UVB-strale (die strale wat jou brand) en UVA-strale (wat dieper penetreer en veroudering veroorsaak) keer.