Lynda van Boer soek 'n vrou 2
"Almal sê laat die kritiek van jou afrol, maar dis nie so maklik nie. Jy vóél al die beskuldigings en nare woorde. En dít van mense wat my nie eens ken nie. Dis hectic." - Lynda Smuts, deelnemer aan Boer soek 'n vrou 2.
**Lees die eksklusiewe onderhoud met haar in jou November-uitgawe van SARIE, nóú te koop
Verwante artikels
-
Boer Soek 'n Vrou 2 - FOTO'S
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 29
En Lynda maak haar hart oop in die November-uitgawe van SARIE
-
Facebook-fans oor boere se Lynda
SARIE - November 2009
-
Julle op Facebook oor Boer Soek 'n Vrou 2
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 8
-
Tickey van Boer soek 'n vrou se raad aan nuwe boere
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Tickey het sy trouvrou gekry, maar Tiaan sit nog met sy Jack Russell... 'n paar vorige deelnemers gee die nuwelinge van Boer soek 'n vrou raad
-
Vroue van Boer soek 'n vrou praat, gee raad
SARIE September 2010
Tickey het sy trouvrou gekry, maar Lynda en Alna, twee vorige deelnemers, is nou albei gelukkig in nuwe verhoudings weg van dié realiteitsprogram. Hulle deel hulle Boer soek 'n vrou-ervaringe.
















Kommentaar
Elizabeth. het gesê:
Ag nee wat, ek het Lynda persoonlik ontmoet en daar is nie 'n druppel hoogmoed of verwaandheid in haar nie. Sy is 'n doodnormale vrou wat dieselfde emosies deurmaak as ons almal! Ek dink sy is maar net onder geweldige druk geplaas en dis verstaanbaar dat mens in so 'n moeilike situasie dinge sal doen of sê waaroor jy dalk later kan spyt wees...nie 1 van ons het die reg om te oordeel en haar so te label nie!
10de Jan. 2012, 15:08Liza het gesê:
Hoop nie jy is ooit weer iemand se partner na n troue toe nie jy is so COMMON!!! Ek stem met almal hierbo saam!!! Kry etiket!!!
5de Mei. 2010, 13:50Kobus het gesê:
sies, maar julle is darem baie gemeen.
8ste Des. 2009, 16:32Andrea het gesê:
..en hul dink die lesers/publiek is almal onnosel genoeg om hul jammer te kry. Verdwyn asb van ons TV, radio, koerante & tydskrifte af!! Ek neem SARIE kwalik dat hul nog 'n onderhoud met haar toegestaan het.
17de Nov. 2009, 22:12Onbekend het gesê:
Dis belaglik hoe julle mense kritiseer. As julle nie in daardie posisie was nie het julle nie eintlik enige iets te se nie. Sy is ook mens en dit is regtig nie nodig om lelike name te noem of julself "beter" as haar te laat klink nie. Almal doen goed waaroor hulle later nie gelukkig is nie en elke vrou tree een of ander tyd op soos sy nie moet nie. Dit is deel van mens wees. So ipv om volgende keer iemand af te breek se iets mooi of bly eerder stil. Sarie is n tydskrif vir "volwasse" dames en as dit is hoe julle teenoor vreemdelinge optree watse beeld skep julle vir julle dogters.
12de Nov. 2009, 15:03Ronel het gesê:
Buiten dat Lynda 'common' is was ek baie teleurgesteld in Sarie omdat hulle Lynda enigsins gebruik het in hulle artikel. Ek hoop nie sy is betaal daarvoor nie...
23ste Okt. 2009, 10:52lynnette het gesê:
Ek dink ons almal is nou n bietjie te hard op haar ek dink sy is maar net n reguit mens en weet wat sy wil he , en elke persoon moet gerespekteer word net soos hy/sy is . En elke ding wat jy doen moet jy n rede he , so ek se net sy moet sterk wees.
19de Okt. 2009, 14:32Tito het gesê:
Suikerbossie (Lynda) - jy het met te veel leuens en bybedoelings deelgeneem aan BSV - dit het ek besef toe ek jou ontmoet het. Die realiteit van die reeks het dit alles ontbloot op nasionale tv. n Goed geskrewe artikel gaan nie mense flous nie ... Sterkte POP.
16de Okt. 2009, 16:01Ann het gesê:
Stem 100% saam, Danica. Dit verbaas my dat Linda nog in 'n Sarie-artikel wil verskyn... het sy nie reeds genoeg publisiteit nie? Sune was die enigste een wat haarself soos 'n dame gedra het in PieterH se huis (ook in moeilike omstandighede).
14de Okt. 2009, 14:48Christelle van Staden het gesê:
Lynda - ongelukkig het jy jouself blootgestel aan kritiek deur deel te neem aan so program. Ek ongelukkig het jy gekies om op te tree in 'n sekere manier. Eerste indrukke is blywend - dit wat jy doen en se. Maar dit bly jou keuse - en ek glo dat jy nog lank gaan jammer wees oor jou optrede. Dit was regtig swak en pateties. Mooi kom van binne....
14de Okt. 2009, 13:03jolene het gesê:
ek dink persoonlik dat jy ook baie eenvoudig voorgekom het!! as n mens se man dit se sonder om twee keer te dink, dan is dit maar so. jou hele houding het van die begin af moeilikheid voorspel. in ashely kon mens nog n sagte kant bespeur, maar aan jou was nie salf te smeer nie, jammer, maar eerste indrukke is wat gewoonlik mens bybly.
14de Okt. 2009, 12:59Danica het gesê:
'n Terapeut help jou om die verwerping te hanteer? 'n Kind wat deur sy ouers weggegooi was, het 'n terapeut nodig om oor die verwerping te kom, 'n vrou wat deur haar man verneuk is, het 'n terapeut nodig om oor die verwerping te kom.Jy gaan nooit 'n man kry as jy sulke tantrums gooi en sulke belaglike dinge aanvang nie.Word eerder mooi groot en gedra jou soos 'n dame. En jy is ook uiters verwaand om so blatant na jouself as mooi te verwys in die Sarie artikel. Dalk as jy bietjie nederiger en meer normaal optree sal jy 'n man kan kry.
13de Okt. 2009, 18:08Mari-Louise het gesê:
Lynda dit wat die mense van jou se is net aan jouself te danke.Ons het jou leer ken soos jy op die program was en dit was glad nie 'n mooi prentjie nie! "you only have yourself to blame"
13de Okt. 2009, 15:57Marietjie het gesê:
Sy was net op een ding ingestel en dit is om Pieter te "vang." Waar het jy al ooit gesien dat jy vir 'n man gaan kuier en wanneer hulle saam inkopies doen, dan kyk sy verloofringe? "Goedkoop vrou"!
13de Okt. 2009, 15:55Andrea het gesê:
Probeer Lynda nou eintlik met hierdie artikel haar eie beeld red? Sorry girl, jy het jou eie naam weggegooi op die program met jou gedrag en goed wat jy kwyt geraak het. Plaas dat jy liewer jouself soos 'n dame gedra het onder moeilike omstandighede, dan het jy nou niks gehad om jouself oor te skaam nie.
13de Okt. 2009, 12:08Elize het gesê:
Ek dink Lynda jy het self die swak beeld van jou geskep deur jou optrede, ek moet erken dat selfs my man gese het dat jy eintlik "common" is, vrouens wat dreig om hand gemeen te raak is glad nie aantreklik nie! Gewoonlik is sy opinie nogal spot on met sulke goed!
13de Okt. 2009, 09:49