Dit laat jou dink

Lynda van Boer soek ‘n vrou 2

“Almal sê laat die kritiek van jou afrol, maar dis nie so maklik nie. Jy vóél al die beskuldigings en nare woorde. En dít van mense wat my nie eens ken nie. Dis hectic.” – Lynda Smuts, deelnemer aan Boer soek ‘n vrou 2.

**Lees die eksklusiewe onderhoud met haar in jou November-uitgawe van SARIE, nóú te koop

  • Elize

    Ek dink Lynda jy het self die swak beeld van jou geskep deur jou optrede, ek moet erken dat selfs my man gese het dat jy eintlik "common" is, vrouens wat dreig om hand gemeen te raak is glad nie aantreklik nie! Gewoonlik is sy opinie nogal spot on met sulke goed!

  • Andrea

    Probeer Lynda nou eintlik met hierdie artikel haar eie beeld red?
    Sorry girl, jy het jou eie naam weggegooi op die program met jou gedrag en goed wat jy kwyt geraak het.

    Plaas dat jy liewer jouself soos ‘n dame gedra het onder moeilike omstandighede, dan het jy nou niks gehad om jouself oor te skaam nie.

  • Marietjie

    Sy was net op een ding ingestel en dit is om Pieter te "vang." Waar het jy al ooit gesien dat jy vir ‘n man gaan kuier en wanneer hulle saam inkopies doen, dan kyk sy verloofringe? "Goedkoop vrou"!

  • Mari-Louise

    Lynda dit wat die mense van jou se is net aan jouself te danke.Ons het jou leer ken soos jy op die program was en dit was glad nie ‘n mooi prentjie nie! "you only have yourself to blame"

  • Danica

    ‘n Terapeut help jou om die verwerping te hanteer? ‘n Kind wat deur sy ouers weggegooi was, het ‘n terapeut nodig om oor die verwerping te kom, ‘n vrou wat deur haar man verneuk is, het ‘n terapeut nodig om oor die verwerping te kom.Jy gaan nooit ‘n man kry as jy sulke tantrums gooi en sulke belaglike dinge aanvang nie.Word eerder mooi groot en gedra jou soos ‘n dame. En jy is ook uiters verwaand om so blatant na jouself as mooi te verwys in die Sarie artikel. Dalk as jy bietjie nederiger en meer normaal optree sal jy ‘n man kan kry.

  • jolene

    ek dink persoonlik dat jy ook baie eenvoudig voorgekom het!! as n mens se man dit se sonder om twee keer te dink, dan is dit maar so. jou hele houding het van die begin af moeilikheid voorspel. in ashely kon mens nog n sagte kant bespeur, maar aan jou was nie salf te smeer nie, jammer, maar eerste indrukke is wat gewoonlik mens bybly.

  • Christelle van Staden

    Lynda – ongelukkig het jy jouself blootgestel aan kritiek deur deel te neem aan so program. Ek ongelukkig het jy gekies om op te tree in ‘n sekere manier. Eerste indrukke is blywend – dit wat jy doen en se. Maar dit bly jou keuse – en ek glo dat jy nog lank gaan jammer wees oor jou optrede. Dit was regtig swak en pateties. Mooi kom van binne….

  • Ann

    Stem 100% saam, Danica. Dit verbaas my dat Linda nog in ‘n Sarie-artikel wil verskyn… het sy nie reeds genoeg publisiteit nie? Sune was die enigste een wat haarself soos ‘n dame gedra het in PieterH se huis (ook in moeilike omstandighede).

  • Tito

    Suikerbossie (Lynda) – jy het met te veel leuens en bybedoelings deelgeneem aan BSV – dit het ek besef toe ek jou ontmoet het. Die realiteit van die reeks het dit alles ontbloot op nasionale tv. n Goed geskrewe artikel gaan nie mense flous nie … Sterkte POP.

  • lynnette

    Ek dink ons almal is nou n bietjie te hard op haar ek dink sy is maar net n reguit mens en weet wat sy wil he , en elke persoon moet gerespekteer word net soos hy/sy is .
    En elke ding wat jy doen moet jy n rede he , so ek se net sy moet sterk wees.

  • Ronel

    Buiten dat Lynda ‘common’ is was ek baie teleurgesteld in Sarie omdat hulle Lynda enigsins gebruik het in hulle artikel. Ek hoop nie sy is betaal daarvoor nie…

  • Onbekend

    Dis belaglik hoe julle mense kritiseer. As julle nie in daardie posisie was nie het julle nie eintlik enige iets te se nie. Sy is ook mens en dit is regtig nie nodig om lelike name te noem of julself "beter" as haar te laat klink nie. Almal doen goed waaroor hulle later nie gelukkig is nie en elke vrou tree een of ander tyd op soos sy nie moet nie. Dit is deel van mens wees. So ipv om volgende keer iemand af te breek se iets mooi of bly eerder stil. Sarie is n tydskrif vir "volwasse" dames en as dit is hoe julle teenoor vreemdelinge optree watse beeld skep julle vir julle dogters.

  • Andrea

    ..en hul dink die lesers/publiek is almal onnosel genoeg om hul jammer te kry. Verdwyn asb van ons TV, radio, koerante & tydskrifte af!! Ek neem SARIE kwalik dat hul nog ‘n onderhoud met haar toegestaan het.

  • Kobus

    sies, maar julle is darem baie gemeen.

  • Liza

    Hoop nie jy is ooit weer iemand se partner na n troue toe nie jy is so COMMON!!! Ek stem met almal hierbo saam!!! Kry etiket!!!

  • Elizabeth.

    Ag nee wat, ek het Lynda persoonlik ontmoet en daar is nie ‘n druppel hoogmoed of verwaandheid in haar nie. Sy is ‘n doodnormale vrou wat dieselfde emosies deurmaak as ons almal! Ek dink sy is maar net onder geweldige druk geplaas en dis verstaanbaar dat mens in so ‘n moeilike situasie dinge sal doen of sê waaroor jy dalk later kan spyt wees…nie 1 van ons het die reg om te oordeel en haar so te label nie!

  • Kentasthus

    komentarz nr 1742proeko pisze: Chcia?bym poruszy? temat, ktf3ry jest dla mnie burwelsuj?cy. Ka?dego dnia przeje?d?am przez Skowronek i zauwa?am ju? od d?u?szego czasu, ?e KTO? dewastuje na pewno za zgod? W?adz Gminy (zapewne za zgod? Pana Burmistrza Rychlika) tereny po?o?one wzd?u? drogi wiod?cej do Zalewu Skowronek. Ostatnio przerazi?y mnie sterty drobnego piasku, ktf3re zalegaj? przy drodze g?f3wnej. Kiedy jest wietrzny dzie?, widoczno?? na drodze ograniczaj? tumany py?u. Dziwi? si? mieszka?com Skowronka, tak?e i ca?ej Alwerni, ?e tak biernie patrz? na bezkarn? dzia?alno?? bezmy?lnych przedsi?biorcf3w, w?a?cicieli tych terenf3w. Co na to ochrona ?rodowiska w gminie? Czy kto? zainteresowa? t? spraw? pras?, telewizj? czy wydzia? ochrony ?rodowiska w Krakowie?! Czy nie wystarczy na tym terenie dzia?alno?? Zak?adf3w Chemicznych? Przecie? jest to g?f3wna droga, ktf3r? doje?d?a si? do jedynego o?rodka rekreacyjnego w Gminie Alwernia. My?l?, ?e najwy?szy czas, aby ten malowniczy zak?tek gminy o?ywi?, a nie dewastowa?. Sprzymierze?cem w tej sprawie jest Pan Stodolski, ktf3ry w swoim programie wyborczym celnie zauwa?y? walory krajobrazowe tych terenf3w.