Dit laat jou dink

Maak geluk ‘n projek

Selfhelp-kenners raak oënskynlik nie uitgeskryf oor die formule vir geluk nie. Jy begin dus effens skepties lees aan die topverkoper

The Happiness Project, maar die skrywer Gretchen Rubin hou jou aandag enduit. Sy “toetsbestuur” in een jaar nuwe navorsing, eeue oue wyshede en lesse oor geluk. En kyk of sy gelukkiger is. Pittige, onderhoudende leesstof.

(HarperCollins, R140)