everist
Dit laat jou dink

Mandy Ramsden: Eerste Suid-Afrikaanse vrou wat sewe kontinente se hoogste berge klim

Mandy Ramsden, ’n enkelma van Johannesburg, het in Mei die berg Everest in Asië, ook die hoogste ter wêreld, se kruin bereik. Ná tien weke van bloedsweet was haar eerste reaksie: Wow!

“Dit was ongelooflik om op Everest te staan en die hoogste mens in die wêreld te wees! Dit het tien weke geduur om die kruin te bereik vanweë die lang tye wat jy soms moet wag om te akklimatiseer. Daar was twaalf mense wat saam met my geklim het.Net een vrou het teruggedraai. Twee aande het die wind so erg gewaai dat dit moeilik was om te slaap. Ons het maar na die wind geluister, gesels, tee gedrink en af en toe ingesluimer,” sê sy.