Manne se raad aan Joost
Foto’s: verskaf Galery
Op www.sarie.com het die dié wat al in dieselfde bootjie was, vir Joost geskryf. Hier's wat 'n paar van hulle te sê het.
"Ek as man was self skuldig aan egbreuk. Ek het my vrou verneuk vir 19 jaar en dit het my 26 jaar gevat om vir haar die waarheid te gee. Sy is vandag verpletterd met geen selfbeeld nie. Sy is vandag nog die mooiste vrou wat ek ooit geken het, net jammer ek het dit nooit raakgesien nie. Ons probeer die stukke optel. Die hoop is maar min, maar ek glo en vertrou in die Here wat alles help uitwerk. Joost, net opregte berou uit jou hart sal die sake verander. Speel oop kaarte met Amor en jy sal die vrugte pluk. Joost, dit is die moeilikste pad wat voorlê voor Amor jou weer gaan vertrou, glo vir my. Jy sal baie moet bid vir haar, niemand kan julle help nie, net julle twee kan dit uitwerk. Om te skei is maklik, maar daarna sal julle altwee steeds wonder: As ons maar net daaraan gewerk het. Vergeet die boeke en die mense, hou vas aan die Here en julle sal bo uitkom. Geen geld kan liefde koop nie." – Kobus
Henry sê . . .
"Die storie van Joost word nou holruggery. Die man het gefouteer, ek praat nie goed wat hy gedoen het nie, maar almal maak foute. Hy was mans genoeg om dit in die openbaar te erken. Of hy nou baie geld uit dit maak of nie, het dit absoluut niks met ons as mens te doen nie. Hy moet eendag voor die Almagtige Vader staan en verduidelik. Dit is beslis nie vir ons as mens nodig om hom te veroordeel nie."
Hugo sê . . .
"Joost het gedoen wat die meeste mans en vroue had. Ek ook. Aanvanklik het ek gejok omdat ek sleg was en later omdat ek my huwelik wou red. Dinge het nie gewerk nie en ons is geskei. Ek is jare later weer getroud, met 'n wonderlike vrou. Ek bly oneindig jammer vir die pyn wat ek my eks en kinders berokken het. Die nuwe vrou is nie die skelmpie nie. Ons het nou 'n baba en ek is bly vir die tweede kans wat my kinders en my nuwe vroutjie my bied – sy ken my verlede en vertrou my ten volle. Ek het nie die foute van die verlede herhaal nie en sal ook nie. Oor die gemeenskap kan ek beweer dat hulle my verguis het. Vriende ook en selfs die wat ek weet dieselfde fout gemaak het. Aanvanklik het ek probeer om myself te verdedig. Uiteindelik, toe ek, die rewolwer en bottel brandewyn alleen was, het ek besluit om die musiek aan te hoor en vir die wêreld te sê ek skuld jul niks. Ek is niks slegter as julle nie. Vir Amor wil ek vra om Joost opreg te vergewe, want hy kan en sal verander – het waarskynlik reeds. Vergewe Amor, en vergeet.
Verwante artikels
-
Amor Vittone praat eksklusief
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 108
Ja, sy het swaargekry, vertel Amor van der Westhuizen openhartig ná al die seksvideo-storms om Joost se kop. Maar sy glo daar’s ‘n groter doel met alles...
-
Amor: "Dit sal nooit weer wees soos dit was nie"
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 270
Hoe sien sy haar toekoms en wat van die bewerings oor ander minaresse? Hieroor praat Amor Vittone openhartig in Desember 2009 se SARIE.
-
Eksklusiewe uittreksel uit Joost se boek: Deel 1
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 11
Lees dié uittreksel uit hoofstuk 31 van die opspraakwekkende boek, Joost - Spiëelbeeld, oor die aand wat Joost ineengestort en in die waakeenheid beland het.
-
Eksklusiewe uittreksel uit Joost se boek: Deel 2
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 13
Die tweede deel van die uittreksel uit die opspraakwekkende boek, Joost - Spiëelbeeld, oor die aand wat Joost ineengestort en in die waakeenheid beland het.
-
Kry Amor se voorbladvoorkoms
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
Amor vat aan haar hare wat los en krullerig op haar skouers hang. In Desember 2009 is sy en Joost sewe jaar getroud. Sy lyk vandag anders. Meer weerlose mens . . . steeds glansryk.
-
SARIE en Amor: Ons antwoord op jul kommentaar
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 29
Van julle het kritiek gehad omdat ons Amor se storie in die Desember-uitgawe geplaas het. Michélle van Breda, SARIE se redakteur, antwoord.
-
Wen élke dag 'n kopie van Joost se nuwe boek
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Elke dag - vir die volgende 5 dae - gee ons 'n getekende eksemplaar van Joost se boek, Joost - Spiëlbeeld op sarie.com weg. Skryf nou in!
















Kommentaar
Willem Hammann het gesê:
Hoekom het hy rondgeloop ?
14de Jan. 2012, 21:50lin het gesê:
asb die storie raak nou vervelig Dis nie die enigste persoon op aarde wat n fout gemaak het nie Los nou die man uit, en Amor stop nou jou self bejammering jy is nie die enigste vrou wat dit al oorgekom het nie JY raak nou verelig
21ste Apr. 2011, 09:26B Ferreira het gesê:
Kan nie verstaan dat almal dink dat hulle leuens nie aan die dag sal kom nie, gaan my verstand te bowe. Dink hulle dat hulle bokant reg en geregtigheid is. My man het ook 'n verhouding gehad, al raad wat ek kan gee is dat as jy vergewe, doen dit volkome en kyk vorentoe. Die vertroue kom weer en die geloof ook. Dis nie maklik nie, maar met God se bystand, krag en liefde is alles moontlik en ware vriende wat jou ondersteun en saam jou bid.
5de Des. 2009, 08:45Loraine het gesê:
Manne wat rondloop sal dit weer en weer doen. Hulle hou nie op nie - raak net slimmer en sorg dat hulle nie uitgevang word nie. My suster is deur dieselfde storie. Kyk vir Steve. Hou maar die pers dop - Joost se skempies sal so een vir een uit die krake kruip. Mense doen enige iets vir geld. Waarom dink julle het Joost gewag tot sy boek op die rakke verskyn?
12de Nov. 2009, 18:42ELIZABETH het gesê:
EK AS OOK 'N SKULDIGE MENS WEET WAT DIT IS OM UITGEVANG TE WEES. MY MAN HET OOK NET UITGESTAP SONDER OM NA MY REDES TE KYK VIR JARE HET EK DAARNA ALLEEN GELOOP EN HY HET TOE 'N ANDER LIEFDE ONTMOET WAT OOK NA JARE NIE UITGEWERK HET NIE TOE HET HY TERUGGEKOM NA MY TOE, TOE SY LEWE EN SY FINANSIES ROF WAS. EN VANDAG IS ONS WEER BYMEKAAR, NIE ELKE DAG ROSE EN MAANSKYN NIE MAAR JA DIE ROSE IS MEER AS DIE DORINGS. DIE WEER ONTDEKKING VAN MEKAAR, DIE GESINSEENHEID WAT GEBOU WORD IS WONDERLIK. MAAR DIE WONDERLIKSTE IS DIE RESPEK IN MY, ONS KINDERS EN MENSE IN DIE DORP SE OE WAT DIE HERSTEL SIEN, EN MENSE DIE VREDE TUSSEN MY EN MY GOD, DIE VREDE TUSSEN GOD EN MY MAN DIT VOEL SOOS 'N DEEL VAN DIE HEMEL. EK WENS EK KAN DIT VIR AMOR,JOOST, STEVE EN AL DIE ANDER SE, BESKULDIGINGS EGSKEIDINGS ENS ENS IS NIE DIE MOEITE WERK NIE, JY MOET NET WEET DAAR IS NIE AGTER TOE KYK NIE DAAR IS NET BOONTOE KYK EN VORENTOE KYK DIS AL MEDISYNE VIR HIERDIE SIEKTE TUSSEN MAN EN VROU EN DIE GROOT GENEESHEER SAL DIE GROOTSTE WERK DOEN. JOOS EN DIESULKES DIT IS NIE JOU VROU ENS WAT DIE RESPEK EN VERTROUE MOET HERSTEL NIE DIS, JY AL MOET JY ELKE DAG RAPPORTEER ELKE OOMBLIK IN KONTAK WEES EN SELFS DIE OU LEWE AGTER NA ROEP, JA DIS ALLEEN JY VOEL OF JY OP 'N ANDER MANIER FERNEUK WORD MAAR DIT IS DIE ENIGSTE UITWEG. GLO MY EK HET DIT GEDOEN EN EK SAL VIR ENIGE MENS HIERDIE VOORSKRIF TOT GENESING GEE MAG GOD U GENEESHEER WEES
12de Nov. 2009, 14:40Kobie het gesê:
Joost Ek is nog getrou met my man wat dieselfde aan my gedoen het. Ek is ook mooi en sexy en kon dit nie verwerk het dat my man alles gehad het en dit op n ander plek gaan soek het nie. Hy was en is nog steeds my "idol" Gee Amor kans en moet niks doen dat sy onveilig voel nie. Probeer eers die rugby en maats vermy as Amor nie kan saamgaan nie. Sy moet 24uur voel jy gee om vir haar en sy kan jou vertrou. Die geringste dingetjie gaan haar laat twyfel of jy alweer besig is met jou streke. Ek gaan nou deur my menopouse en dit voel of die verlede weer so deur my spoel. Al lyk ek fantasties voel ek steeds gaan hy weer Baie sterkte en baie liefde vir jou en jou gesin
12de Nov. 2009, 11:24Mari het gesê:
Joost, jy het alles wat ander mans wil he. Jy het n goeie stylvolle vrou, sexy en n goeie vrou en ma vir jul kinders. Jy het reg gemaak met al die dinge wat jy verkeerd gedoen het in die lewe. Wees net 100% eerlik met Amor sy is tog jou vrou die publiek hoef nie als te weet nie dan kan julle saam daar deur werk, voor dinge tussen julle rekom en daar dalk weer stories uit kom. My pa het jou tuin gaan doen toe jy nog getroud was met Marlene en ken jou ouers ook baie goed. Jy is nie n slegte mens nie, jy het net baie foute gemaak. Maak dit reg asb, jou kinders het jou ook nodig. Ek was verbitterd teenoor jou want geen persoon verdien dit nie, het jy al gedink as Amor so iets aan jou moes doen, hoe sou jy gevoel het? Glo en bid die Here sal julle hier deur kry. Sterkte vir jou en jou gesin. Liefde.
11de Nov. 2009, 10:26Engela het gesê:
Dit vat baie van 'n mens om 'n ander verskoning te vra en hoeveel meer om die hele wêreld verskoning te vra. As ons as Christene vergifnis wil ontvang, moet ons ook bereid wees om te vergewe, dus elke mens is geregtig op 'n regverdige kans, maak daarvan gebruik en werk vir dit wat belangrik is, jou geloof en hou aan jou Here vas! Engela
10de Nov. 2009, 14:38Lezette Snyman het gesê:
Wat 'n terleurstelling!! Ongelukkig werk dit nou maar so dat as 'n man eenkeer rondgeloop het, doen hy dit weer. En dit het alles maar seker te doen met EGO! Dis tyd vir Joost om groot te word, hy het reeds erken wat hy gedoen het maar nou hang dit van hulle twee self af en BAIE GENADE!! As hy regtig berou het en regtig lief is vir Amor, sal dinge uitwerk. En natuurlik sal hy heeltemal na die Here toe moet draai.
10de Nov. 2009, 13:48