Dit laat jou dink

Koskenner Marlene van der Westhuizen se gunstelinge

Marlene van der Westhuizen is bekend vir haar heerlike kos en wêreldkos-stories.

Watter kos maak haar warm van binne?

“Stadiggestoofde kos… outydse tamatie-en-lamsbredie met flentertjies warm vetjies, osso bucco met murgbene vol sagte murg wat jy in die risotto kan inroer, coq au vin wat opgekook is met ‘n bottel of twee Meerlust Pinot Noir… en ‘n skoot goeie brandewyn wat net voor opdiening gou gevlam word.”

En haar gunsteling vir op die groenlys?

“Geelstert liefdevol in di epan gebraai in ‘n hoender-aftrekseltjie en met ‘n hand vol swart olywe. En ‘n klein knypie saffraan om te herinner aan die somer.