Dit laat jou dink

Mathys Roets

“Ek wil nie te veel vra nie, nie medies nie, en ook nie van mense nie. Maar ek wil tog vra dat julle spesifiek vandag aan my dink, juis ook omdat ek glo dat dit die gedagtes en gebede van die laaste ruk is, wat my deurgedra het” – Mathys Roets, SA sanger wat ná ‘n motorfietsongeluk vandag ‘n groot rugoperasie ondergaan om sy rugwerwels te stabiliseer (Bron: Die Burger)

‘n SARIE-leser het hierdie gebed aangestuur:

“Kom ons vat hande en bid vir ons musiekheld.
Ons bid vir ‘n volkome herstel.
Vir sy gesin, familie en vriende wat getrou langs hom staan.

Dankie Vader vir ‘n wonderlike mens.
Ons vra in Jesus Naam dat U hom volkome sal herstel.
Ons vra dat U sy huwelik ook sal herstel.
Vir ons as mens is dit onmoontlik, maar U is die beste geneesheer en alles is vir U moontlik.”

Amen