flowers_opstal_area
Dit laat jou dink

Medisyne uit die natuur of nie?

“Natuurlike” of medisyne wat nie op voorskrif te kry is nie het ’n slegte reputasie, soms met rede.
Maar moenie die baba saam met die badwater uitgooi nie, sê Conrad Smith, mediese dokter en direkteur van die Medical Nutritional Institute SA. Sowat 60% van alle medikasie is natuurlike of gemodifiseerde natuurlike produkte, of mimiek dit.

Daar is baie goedkoop en goed nagevorste geneesmiddels wat eeue lank gebruik word, sonder die newe-effekte wat dikwels met voorskrifmedikasie geassosieer word. Studies wys boonop sowat 51% van medikasie wat die Amerikaanse Food and Drug Administration goedkeur, blyk later ernstige newe-effekte te hê.