sr08moodsgreen01rz
Dit laat jou dink

Meneer, brei jou emosionele woordeskat uit – ‘n kenner sê hoe

Gys Els van Alberton is ‘n narratiewe terapeut en ‘n verhoudingskenner vertel hoe die manne hulle emosionele woordeskat bietjie

  • Mans dink vroue word beïndruk deur macho te wees en skurwe taal. Hulle dink kru woorde is aanvaarbaar en om te bestuur met bande wat skree. Dit is nie.
  • Mans sukkel om vroue se woorde te “hoor” en wil iets daaraan “doen”. Hulle probeer dan om vroue se emosies met logika te beantwoord. Dit werk nie.
  • Mans sukkel om te verwoord hoe hulle voel. Hul emosionele woordeskat is dikwels beperk tot “goed”, “sleg” en “lekker” – en vloekwoorde.
  • Mans moenie al die besluite neem nie. Moet dus nie vir haar besluit wat sy wil eet en alleen besluit watter wyn julle wil drink nie. As jy punte wil verdien, gee vir haar die wynlys.
  • Die “wag drie dae voor jy haar ná ‘n afspraak bel” is dom. Dit is die begin van ‘n verhouding vol speletjies. Baie paartjies probeer hard to get speel. Hoekom? As jy van haar hou, kontak haar. As jy nie van haar hou nie, moenie.
  • Luister meer en beter na haar behoeftes.
  • Leer om woorde te vind om te sê hoe jy voel en sê dit dan vir haar. Let op die klein dingetjies wat jy sê en dink en wees ingestel op háár behoeftes en nie net op jou eie nie.
  • As jy op die tweede afspraak onthou sy verkies merlot bo shiraz sal jy punte verdien!
  • Vroue word dikwels geraak deur kameraadskap-gedrag. Dinge wat wys “jy is my vriend” en “ek kan jou vertrou”. Hulle soek nie net iemand wat net iets by hulle wil hê nie.
  • Probeer uitvind wie die mens is wat sy wil wees en tree so op dat jy dit vir haar makliker maak om so te word en nie moeiliker nie.
  • Goeie maniere is steeds ‘n treffer – selfs in dié postmoderne tyd. Onthou dat vroue eintlik dubbele standaarde het: Net omdat hulle as gelykes gesien word in die werkplek, beteken nie sy sal dit nie waardeer as jy vir haar die motordeur oopmaak nie.
  • http://sypunldxvsyr.com/ puxwvauj

    ZeC8hy dpengtlbgakc, [url=http://aojfyrijhart.com/]aojfyrijhart[/url], [link=http://bsiewrvocxnn.com/]bsiewrvocxnn[/link], http://zfozzyasndio.com/