Dit laat jou dink

Michelle Botes oor hare

“Jou hare vertel ‘n storie, dis ‘n baie emosionele ding. Iets van my hare waarvan ek nie hou nie is dat ek te min het. En party dae het hulle ‘n lewe van hul eie!” – Michelle Botes, aktrise

Sy glo dat haar hare haar nog altyd gehelp het om ‘n TV-storie te vertel: “In Konings was sy blond om Santie te speel, in Arende ‘n donkerkop-eilandmeisie en in Isidingo die vurige rooikop Cherel. In Binnelander (waar sy tans die rol van Ingrid vertolk) was haar hare ook in die kollig toe dit begin uitval het weens kanker.