Dit laat jou dink

Michélle van Breda: Om te vergewe

“Die ding is: Vergifnis het als met óns te doen. Om te vergewe is iets wat ons vir onsself doen, op ons tyd, en sonder dat ons hoef te wag vir iemand anders om jammer te sê of om ons om vergifnis te vra. Die towerkrag lê juis daarin dat wanneer jy beslúit om te vergewe jy die mag in jou hande het. Jý’s nie meer die slagoffer nie.” – Michélle van Breda in haar nuutste redakteursbrief (April 2010).

Die April-uitgawe is vanaf Maandag 8 Maart te koop.

  • Marietjie van de Wall

    Vergifnis is ‘n wilsbesluit.
    Vergifnis is om met nuwe lewe na jou verlede te kyk en die positiewe uit die negatiewe te haal.Hetsy verkragting of enige onreg aan jou gedoen. Die belangrikste, sonder om dweperig voor te kom, is om jou oë na ons Skepper te rig en Hom elke dag vir KRAG te vra en hom te vra om ons te verlos van die bose.
    Mooi Michelle, jy stel ‘n voorbeeld vir ons.