phyllis_44_
Dit laat jou dink

MITE: Ek sal gelukkig wees as ek 10kg verloor

DIE WAARHEID: Om die doelwit te behaal sal jou nie gelukkiger maak nie.

Dinge soos sukses, mag en geldmaak ’n mens nie gelukkig nie, maar ’n betekenisvolle lewe wel, sê Ingrid. “

“Materiële doelwitte wat jy bereik, kan ook net soveel probleme skep as wat dit oplos. Die ervaring van geluk lê veel dieper.” Leatia voeg by: “Baie mense dink byvoorbeeld ’n luilekker lewe sal hulle gelukkig maak. Maar ’n lewe van leeglê kan verveling en verlies aan dryfkrag en rigting meebring.

“Jou doelwitte kan jou dalk tydelik gelukkig maak. Maar jy pas maklik aan by positiewe veranderinge in jou lewe. En sodra jy een doelwit bereik het, stel jy ’n ander een. Daar sal dus altyd iets anders wees wat jy wil hê.

“As jou geluk afhang van doelwitte wat jy suksesvol bereik, sal dit voel asof geluk altyd net buite jou bereik bly.”

WAT KAN JY DOEN?

“As jy nie het wat jy bemin nie, bemin dan wat jy het,” is Ingrid se raad. “So fokus jy op dit wat jy het, is en kan doen. Wees gelukkig. Dink dit, kies dit, wees dit, skep dit.”