Moenie kwaad vir mekaar gaan slaap nie. Mite?

Deur Marguerite van Wyk / André le Roux, SARIE - November 2010

Never go to bed mad. Stay up and fight. - Phyllis Diller

Daardie een van: Ons belowe om nooit kwaad vir mekaar te gaan slaap nie, werk net 'n rukkie. Dan word dit 'n mite, hoewel 'n vrou steeds nie kwaad wil gaan slaap nie. Julle kan mekaar heelnag wakker hou totdat julle gedaan is.

"Hei, jy kan nie nou gaan slaap nie, ek praat nog met jou!"
En die gesprek raak al hoe driftiger,'n oplossing bly buite sig.
"Kom ons kry mekaar maar weer môreoggend."

Dis soos om weg te loop. Slaap liewer. Want môreoggend skyn die son en skielik lyk die probleem nie meer so groot nie. 'n Mens kan daardie probleem as 't ware in 'n nuwe lig sien.
Letterlik.

Daar is mense wat sê hulle gaan slaap nooit kwaad vir mekaar nie. Hoe kry hulle dit reg? Hulle is óf nog hopeloos verlief, hulle hiper-ventileer, óf hulle probeer voorgee hulle is die ideale, gelukkige paartjie. Dan sê die een skielik op 'n mooi dag: "Ek wil skei."

En die ander een se verbasing is groot: "Ons het dan nooit kwaad gaan slaap nie. Ons het dan nooit eens baklei nie?"

Verwante artikels

  • Die 4 mites van geluk - kenner sê

    Die 4 mites van geluk - kenner sê

    SARIE - Oktober 2009

    Russ Harris, skrywer van The Happiness Trap, sê daar is 4 mites oor geluk. Ons kenners sê as jy dié mites omverwerp, is jy al 'n stap nader aan geluk

  • Mite of waarheid?

    Mite of waarheid?

    SARIE - Junie 2008

    Is ’n middagslapie goed? Mag jy met nat hare bed toe gaan? Dit klink na nietighede, maar dit kán jou gesondheid raak

Kommentaar

Web Development by FormFunction