My geloofstorie – my seun blom laat

SARIE - Januarie 2009

Dit is my tweede huwelik. Ek het my lewe vir die Here gegee nadat ek op pad hel toe was. Ek het gehoop daar wag net maanskyn en rose vir my, maar God het ook wonderwerke op my pad geplaas.

Ons het vier kinders - ’n seun (16) uit my man se vorige huwelik, ek twee seuns (11 en 13 jaar) uit my eerste huwelik en dan ons laatlam, Ruan.

Ruan was op 6 maande met serebraal gestremdheid gediagnoseer, en ons gesin se mat was onder ons uitgeruk. Al ons drome en planne vir hom was aan skerwe.

Ek het skielik Retha McPherson (Mev. Suid-Afrika 2004) se woorde onthou: “All the broken pieces of your life are nothing more than a beautiful mosaic of your future.” (Dit was tydens haar gesin se besoek aan die VN-gebou in New York nadat haar oudste seun Aldo in ’n motor-ongeluk betrokke was. Hulle het voor ’n groot mosaïek gaan staan toe dié woorde by haar opgekom het, vertel Retha.)

Toe ons klein Ruan se diagnose hoor, het ek geweet God sal my die krag gee om dit te hanteer. Ek verstom my daagliks aan God se getrouheid. Dis geen maklike pad nie en baie trane is al gestort, maar Hy dra ons daagliks. Die egtheid van ’n mens se geloof word gedurig getoets en Sy genade is onbeskryflik groot.

Voordat ons die dag pediater toe is, het ek my hart voor die Here uitgestort en Hy het vir my gesê: “Leo blom laat.” Dié storie oor 'n tiertjie wat laat ontwikkel het, het ek tien jaar gelede vir my ander seuns gelees.

Ons het ’n breinskandering laat doen, asook verdere toetse by die Tygerberg Hospitaal. Die professor het gesê ons moet ons op die ergste voorberei. Ruan kan moontlik ook verstandelik gestrem wees. Die uitslag was dat ek ’n virus tydens swangerskap opgedoen het en dit sy brein aangetas het. Niks het daardie oomblik vir my gelyk of geklink soos "Leo blom laat" nie.

Weer het ek my hart voor God uitgestort. Daardie nag het ek gedroom my seuntjie kruip.

Dis nou byna twee jaar later. Ruan rol om, begin kruip en gesels ’n hond uit ’n bos. Ons het ’n wonderlike arbeidsterapeut op Riversdal en Ruan begin binnekort met swemlesse. 

God voorsien in al ons behoeftes, en ons gesin is ’n eenheid. Sy planne is soveel beter en groter as ons s’n. Ons huishulp is ’n stukkie goud. Hy het ’n ouma wat onophoudelik vir hom bid en saam glo dat hy gaan loop. 

Sy ander ouma ondersteun ons finansieel. Sy oupa en boetas is gaande oor hom en ons is baie lief vir ons stukkie sonskyn wat almal se harte aanraak met sy lag. Ons vriende en gemeente dra ons op in gebed en dit maak die wêreld se verskil!

Nou die dag het ek weer 'n “dip” gevang en met die Here geworstel. Hy sê in Sy Woord dat Hy gister, vandag en môre dieselfde is en dat Hy ’n God van wonderwerke is. Waarom doen Hy dan nie vir Ruan ’n wonderwerk nie? 

Die volgende dag ry ek verby ’n verbleikblom (yesterday-today-and-tomorrow), wat vol pers blomme is! Ons het dieselfde plant in ons tuin wat al twee jaar deur iets gevreet word en nie wil blom nie. Ek het by die boompie gaan staan en gebid dat God vir my ’n teken gee van ’n wonderwerk in Ruan se lewe.

Die eerste pers blommetjie het kort daarna sy verskyning gemaak. Vandag is daar 17 blommetjies aan die boom. En dis nie al nie. Ek is seker hulle is groter as die normale. Ons is so opgewonde oor ons “Leo” wat laat blom. Dit was elke traan werd.

Sharon du Toit, Riversdal

 

Verwante artikels

Kommentaar

  • ons het n wonderlike GOD .my seun lenert 23yr in coma van 1april tot nou hy het kop besering,bruin is geswel,hy was onder di majiene maar nou nie meer nie di HERE is good hy het sy oe oop ge maak hy regeer kry nou oefeninge.di ouma 70yr staan elke dag langs sy bed om hom te maseeer ,di HERE is good.want ek mut werk,ons het in ge bel vir gebede en vertrou op die almagtige GOD................amen

    2de Sep. 2010, 18:46
  • Prys die Heer in all sy wee - het Retha se Cd gekoop en vir almal wat voel dinge word te hard - kry n kopiee can haar getuienis Sterkte en Jesus Liefde aan een en elk

    18de Aug. 2010, 11:27
  • Sharon, dit is stories soos joune wat mens elke dag laat besef hoe groot ons God is en dat ons nooit op moed verloor se vlakte moet gaan sit nie. Hy is altyd daar om ons te help, maar ongelukkig nie op ons tyd nie, maar op Sy tyd. My gebede is met julle en hou aan om op die Here te vertrou, want dis duidelik dat Hy al soveel wonderwerke in julle lewens verrig het

    27ste Jul. 2010, 13:12
  • WEET DAT ONSE GOD N DOEL MET ELKE EEN HET EK MOET NET GELOOF HE SO N MOSTERSAAD, EN GLO DINGE GEBEUR MET ONS ALMAL EN EK MOET NIE VRA HOEKOM EN WAAROM NIE, MAAR WAT KAN EK DAAR UITLEER EN ANDER KAN LEER. DIE LEWE IS N LEER PROSES WAAR DEUR ELKE MENS MOET GAAN EN DIT MAAK ONS REG VIR DIT WAT NA DIE DOOD VIR ONS WAG. WAT NOU OP ONS PAD KOM IS LIEFDE EN VREDE DIT IS HOE EK DAARNA KYK EN WAT EK MET DIT DOEN. HOE LEEF JY ELKE DAG ELKE SEKONDE LEEF JY DIT AS DIE LAASTE OF DIE EERSTE VAN JOU LEWE

    23ste Jul. 2010, 14:37
  • EK GAAN DEUR BAIE DIEP DINGE OMDAT EK SO BAIE MOES SEERKRY.EK BID EN HOOP ELKE DAG DAT DAAR IETS GAAN GEBEUR IN MY LEWE DAT EK KAN VERANDER MAAR EK WEET DAT ALLES VAN GOD AFHANG.EK IS REGTIG IN DIEP DONKER GAT.WEET DUS NET GELOOF WAT MY SAL RED.

    3de Jun. 2010, 16:32
  • WOW! Absoluut WOW!

    1ste Jun. 2010, 10:22
  • Hemelse Spieëlbeeld, Here Jesus, wanneer ek na myself kyk, sien ek menselike gebrokenheid, feilbaarheid en onvolmaaktheid. Dan kyk ek op na U en dan... sien ek LIEFDE onvoorwaardelike, onverdiende en omvattende liefde!! Kan U in my hart 'n klein bietjie van daardie grootsheid plaas, sodat ek iets van U volmaakte Liefde aan ander kan spieël?

    25ste Mei. 2010, 15:18
  • Sharon se storie het my werklk diep geraak. Ek worstel self 'n stryd met my geloof wat op 'n daaglikse basis getoets word. In alle aspekte van my lewe. Ek is 28 jaar oud en die afgelope 2 jaar het die Here my stukkie vir stukkie afgebreek en allerhande dinge oor my pad gebring. Tot op die punt waar ek op my kniee moes gaan en net se "Here, hier is ek, alleen, bang, hartseer en bekommerd. Vat my lewe en maak wat U wil" Ek het besef dat die Here nie so seer mens se omstandighede wil verander nie, maar wel jou as mens, en hoe mens optree in sulke omstandighede. Ek het geleer om ten volle op die Here te vertou en al is dinge nog baie deurmekaar, en my mosaiek prentjie maak nog nie sin nie, weet ek agter die skerms is die Here besig en toets hy net my geloof. Soos wat 'n pottebakker die klei brei om die onsuiwerhede van ontslae te raak, so brei die Here ons ook. Ek bid dat al die Sarie lesers die krag en genade van die Here sal ontvang en sal vrede kry in Sy rus. Dit is al waar mens krag vandaan kry. Vir elke dag. En al lyk die toekoms donker en onseker. En al weet jy nie HOE jy uit die omstandighede gaan kom nie, dit sal beter gaan. En mens kom sterker anderkant uit. Loof die Here

    18de Apr. 2010, 14:57

Web Development by FormFunction