"My kêrel floreer op flankeer"
"My kêrel is bekend as 'n flirt. Ek hoop altyd daar's nie iewers 'n aantreklike vrou as ons uitgaan nie, want hy sal nét met haar praat en my ignoreer. Moet ek aanvaar dis wie hy is en nie jaloers raak nie, of kan ek hom laat ophou?"
Dr. Eve antwoord: "'n Flirtasie is 'n natuurlike reaksie op ander mense. Maar dis onaanvaarbaar as hy jou ignoreer of lank alleen laat terwyl hy sy 'rondtes' doen, of as hy jou nie duidelik 'opeis' as sy maat sodat ander vroue weet hy flankeer net vir die pret en nie om te jag nie."
Vir jou boekrak: Love By Numbers (R189,95, Profile Books) deur dr. Luisa Dillner. Dis saamgestel uit haar gelyknamige rubriek in die Britse koerant The Guardian.
Lees ook: "Niemand hou van haar kêrel nie."
Verwante artikels
-
Dr Eve-dilemma: "Seks was nog nooit lekker"
SARIE - September 2009
Vraag: Ek is 27 en seks was nog nooit lekker nie, al het ek verskillende tegnieke probeer. Ek probeer die indruk by my vriend skep dat ek nie in seks belangstel nie.
-
Dr. Eve oor affairs
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
-
Flankeer-SMS'e: Was jy al in die moeilikheid?
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
-
Niemand hou van haar nuwe kêrel nie!
SARIE - Desember 2009
'n Baie goeie vriendin gaan uit met 'n man wat niemand in ons vriendekring kan verdra nie.
-
Om 'n affair te hê - twee vroue vertel openhartig
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 32
Twee vroue, twee affairs, twee kante van die saak
















Kommentaar