oh_boy
Dit laat jou dink

My kind en ADHD – ma’s vertel

Na aanleiding van ‘n ma se brief: “Ek staak my kind se ADHD-medikasie”

“My seun het ADHD, hy het so pas 21 geword. Ons het deur dieselfde probleme gegaan. Hy doen vanjaar tweede jaar B.Comm beleggings en dit gaan goed met hom . . .” – Gerda Weldhagen

“My dogtertjie is al vir 2 jaar op Ritalin en om eerlik te sê, dit voel vir my of ek my dogtertjie 2 jaar laas gesien het. Alles word onderdruk as gevolg van die medikasie” – Theresa

“Sylvia, baie dankie vir jou brief. Ek was vanmiddag ná werk op pad om my 12-jarige seun se voorskrif vir sy volgende lot Concerta te gaan optel, maar ek gaan nie. My kind is ook deur die skool aangesê om vir elke denkbare toets te gaan – gehoor, oë, ensovoorts. Elke keer was daar niks fout nie.” – Tessa

  • Cornel

    Ons stoei ook deur skool en is ‘n neuroloog aanbeveel om ons kind Ritalin te gee. Ek lees net van newe effekte en al die moenies en medikasie wat gestaak is. Is daar ouers wat positiewe terugvoer oor Ritalin het? Ek sou baie graag van hulle wou hoor.

  • Wilma

    Ja my kind gebruik ok Conserta. Ek sou baie graag wil weet of Conserta se neweefekte dieselfde is as Ritalin en ook weet iemand van enige natuurlike produk wat dalk die Conserta kan vervang.

  • Lydia Bruin

    Doen jouself ‘n guns en kyk na kyknet se program "’n Lewe met …..ADD" uitgesaai, 8 November 2011.
    As jul nie vir jul kinders medikasie wil gee nie, mag jy ook nie weer pynstillers na ‘n operasie gebruik nie. Ek is ‘n onderwyseres met 22 jaar ervaring en baie kinders gesien verbeter. Selfs hul ouers het gesê hulle het nou ‘n kind tuis. Tuis is hul ook baie meer georganiseerd. En onderwyseres weet waarvan hul praat. Ons is professionele mense. Ons verwys leerders na ADD/ADHD spesialiste.
    Ek sou dit ook vir my eie kind gee.

  • Jolandi

    In Gr0 wou die skool nie hê my kind moet Gr1 toe gaan nie en dit was verskillende toetse oor en weer en ek het geweier dat hulle hom terughou want ek weet my kind kan dit doen , my kins is nou al in GR9 en hy gaan baie goed aan en hy is op Ritalin en ek is regtig nie spyt dat ek hom op dit gesit het nie want ek kan die resultate sien, ek het ook so 2 jaar terug besluit om hom af ta haal van Ritalin af tot my bittere spyt hy het glad nie opgelet in die klas nie en sy punte was baie sleg in GR8 toe sê hulle vir my dat my kind nie verder in ‘n gewone skool kan wees nie en dat ek hom in ‘n spesiale skool moet sit ek het totaal geweier en die Nuroloog het weer toetse gedoen en gesê dat ek skade gedoen het om hom af te gehaal het van Ritalin af hulle het hom weer vir my op dit gesit en my kyk se punte is baie goed en hy kom elke jaar oor en hy geniet die skool baie ! So ek is tot nou toe glad nie spyt dat ek my kind op Ritalin gesit het nie in die begin van die jaar toe was almal in die saal toe moes die kinders hulle hand opsteek wie Ritalin gebruik en jy sal verbaas wees hoeveel kinders gebruik Ritalin, Ritalin is om die kinders te help met konsentrasie en aandag aflybaar so ek kan nou vir jou sê ek is glad nie spyt oor Ritalin nie.

  • Anelda

    My seun is ook 7 jaar terug gediagnoseer met ADHD. Hy het eers Ritalin gebruik, maar dit het hom depressief gemaak en hom aanhoudend in die klas laat huil. Later is hy oorgesit op Stratera en toe Concerta. In die begin van laas jaar het ons hom ook afgehaal want hy het gesê hy wil dit nie meer gebruik nie en dit breek sy selfbeeld af. Nodeloos om te sê het hy baie swak gedoen en Wisk en Afr. gedruip. Hy het toe besluit om dit weer te gebruik. ‘n prof. van Bloemfontein het aanbeveel hy drink Stratera saam met die Concerta. Die Stratera het hom egter aanhoudend laat opgooi en ons is weer terug na Concerta, maar ek voel dit werk nie goed genoeg nie. Hy sukkel om te leer. Ek kry hom bitter jammer. Weet nie meer wat om te doen nie. Hy is ook vreeslik anti-sosiaal en verkies om voor tv of rekenaar te sit.

  • Ronel

    My meisiekind is op Ritalin al van graad 1 af en sy is nou in Graad 9, as dit nie vir Ritalin was nie sou my kind nie kon presteer soos nou nie, sy kry 80% vir haar Wiskunde. Die skool het haar 1 kwartaal afgehaal in GR8 om te sien of sy sonder Ritalin kan fuksioneer en haar punte het daardie kwaartaal met 40% geval. Sy was baie depresief en swak selfbeeld gehad, nooit vriende gehad nie, maar nou het sy vriendinne. My seunjie is 7jr en is tans op Concerta. Hy wou glad in die klas aan aktiwiteite deelneem en het die heeldag by skool gehuil. Die einde van die kwartaal het jy 5 gekry op sy rapport en die juffrou kan net sy lof prys. Ek stem ook glad nie saam met die medikasie nie, my hart is baie seer elke keer wat ek vir hulle die pille gee, maar ek kan nie toesien dat hulle by die skool gespot word nie. Hy het elke dag in die gang gesit by die pre-premer en het die ander kinders afgeknou. Ek moet maar net my kinders elke dag opdra aan die Here en vir hom vra om hulle te bewaar, want as ek nie vir hulle op daar medikasie hoef te plaas nie sal ek onder geen omstandighede nie.

  • marinda

    My seun het ADD… Hy is tans op Concerta al vir 5 jaar en ek is glad nie spyt nie. Hy presteer in al sy vakke , behalwe wiskunde omrede dit meer n "verstaan" vak is. Vroeer toe hy nog nie op die medikasie was nie, was sy werkboeke van skool verskriklik onvolledig en onnetjies. As hy moes geleer het vir n vak, het ons altyd gesukkel omrede sy boeke nie op datum was nie, ek moes altyd by maaitjies of onderwysers die werk kry sodat hy dit kan inhaal. Vandat hy op medikasie is, is sy boeke netjies, en al die werk is gedoen! die groot rede is omdat hy konsentreer in die klas, en dat hy luister en nie afdwaal van wat daar voor in die klas behandel word nie. Die medikasie help die kinders om optelet in die klas en nie rond te dwaal en aandagafleibaar te wees nie. Medikasie het dus n voordeel in die klaskamer asook by die huis waar hulle moet leer. Ek glo daaraan dat n kind moet oplet in die klaskamer, want dan weet hulle wat in die vak aangaan, en dit vergemaklik hulle leer werk 100%. Indien n kind nie oplet in klaskamer nie, sukkel hulle om te leer, omrede hulle die werk nie verstaan nie. My kind kon nog nooit n vak bo 60% kry nie, en nou is hy in die hoerskool en al sy leervakke is bo 70%. Dit kan gedoen word. Indien jou kind op medikasie is, hoef niemand daarvan te weet nie, want dit krap die kind om en dink hy is afhanklik van medikasie, my kind weet dat dit hom help met konsentrasie en dis al. Geen nagevolge nie, behalwe hy eet ons uit die huis uit, maar dink dis deel van sy groeiproses! ONTHOU medikasie bly net vir n seker tyd in sy sisteem, alles hang af van die hoeveelheid mg voorgeskryf is. Bv van 7uur die oggend tot 7uur die aand. dis geen afhanklikheidsvorm nie, dit werk uit die liggaam uit. om n lang storie kort te maak, moet ons ouers ook onthou dat dit nog steeds harde werk is, want die deurmekaar kamers en oop laaie en pligte wat vergeet word hou net nie op nie………….Maak met hom oog kontak dis al wat help. en as hy iets moet doen, moet hy dit NOU doen nie later nie, anders vergeet hulle. sterkte aan al die mammas ek weet dis harde werk, maar tog kom ons bo uit!

  • Roald

    Sarie April 2015 ” My kind het ADHD vergewe hom” Duidelik het die mense van Suid Afrika ‘n groot wanpersepsie teenoor ADHD… Hou op om die toestand as verskoning vir jou kind se swak gedrag te gebruik. ADHD is nie ‘n rede vir swak gedrag nie!

    • Adelai Van Heerden

      En daar bewys jy jou eie stelling verkeerd liewe Roald! Jy is die een met die wanpersepsie! Voor jy sulke uitlatings maak, gaan maak net ‘n oppervlakkige studie van wat die toestand behels…. toe man! En jou insig en wysheid is gebaseer op………..? Ek neem aan jy het ‘n kind met ADHD en jy het die wetenskaplike artikels hieroor gaan lees? So maklik om uitlatings te maak as jy duidelik NIE weet waarvan jy praat nie. Die buitelanders doen juis moeite om ADHD te verstaan en een van die baie simptome is dat mense wat hieraan lui sosiaal sukkel om aan te pas en baie ongewild is…..ek heg vir jou sommer bietjie inligting aan. http://www.bbc.com/news/health-11443945

      …..
      Andrea Bilbow. chief executive of the charity ADDISS, (The National
      Attention Deficit Disorder Information and Support Service), which helps
      families affected by the condition, says ADHD “is not about a
      badly-behaved child”.

      She adds: “It’s about a problem in the brain
      which means a child can’t regulate their behaviour or emotion. They
      don’t learn from their mistakes and they can’t plan or organise, and
      they have difficulties with their short-term memory.

      “The bad-behaviour label is just used by people who don’t have a clue.”