phyllis_green
Dit laat jou dink

My kind is afgesê, wat nou?

Moenie . . .

  • iets sê wat haar belewenis van die pyn ongeldig maak nie, soos: “Ag, hy is nie jou trane werd nie.” Of: “Dink jy nie jy oorreageer nie?”
  • haar gewese kêrel slegsê nie. Sy kan dit doen as sy sou wou, maar sy wil dit nie noodwendig van jou hoor nie.
  • haar veroordeel of vir haar preek indien sy die waardes wat jy haar geleer het oorboord gegooi het nie, soos as sy dalk by haar kêrel geslaap of hom verneuk het, sê Hanli.
  • jouself insleep nie deur byvoorbeeld te sê: “Ek is nou al so moeg van jou lang gesig.” Dit is en bly haar trauma. En onthou: Net as jou kind wel wil weet hoe jý destyds deur ’n soortgelyke ervaring gekom het, kan jy dit met haar deel en haar só wys daar’s hoop ná teleurstelling.
  • jou kind dadelik help om ’n ander kêrel te soek nie. Sy moet eers volledig rou. So nie, kan sy al haar onopgeloste seer, woede en kwesbaarheid op ’n volgende kêrel projekteer en dan dalk wéér teleurgestel word. As jou kind regtig sleg behandel is, erken haar kêrel se gedrag en laat dit daar. Jou emosionele neutraliteit sal jou kind help.
  • saam met haar huil nie (of probeer ten minste om nie te huil nie) – dit bevestig die omvang van die verlies. Daarby sal sy dalk later nie meer so gewillig wees om met jou oor haar gevoelens te praat nie.

VIR HULP

  • Jolandie

    My dogter is ook deur ‘n afsê en haar hart was gebreek. Hulle sê jy moenie saamhuil nie, maar ek het maar saam trane gestort (‘n hele paar)!!! Wat sê jy as jou kind se hart so stukkend is, as sy nie meer musiek luister nie, as sy nie meer lag nie, as sy nie meer sing nie. Natuurlik wil sy nie dinge hoor van daar is nog baie visse in die see nie. Haar opmerking was: "Mamma, ek wil met hom trou". Gelukkig heel die tyd wonde. Dit het ‘n taamlike ruk gevat. Die geskenkies het eers kas toe geskuif, toe studeerkamer toe en na meer as ‘n jaar het sy die moed gehad om dit uit die huis te skuif en nie meer elke dag daarin vas te kyk nie. Nou is daar ‘n "liewe" ander outjie in haar lewe, wat haar aanvaar net soos sy is, lekker malkoppie en met al haar geite en giere!!! Daar is hoop vir almal, vir dogters en mammas, byt net vas.

  • Sanet

    Ek ken die gevoel. My dogter is ‘n week voor Kersfees in 2008 afgese. Ek onthou die seer, die huil, die vrae so goed. Ek kon niks doen om haar beter te laat voel nie. Vir ons was dit soos dood in die familie ‘n week voor Kersfees. Ja, ek was baie kwaad, Kwaad dat hy dit op so ‘n ongelee tyd kon se, kon hy nie ‘n week later vir haar se nie. Sy het binne ‘n week al haar goed opgepad en getrek. Natuurlik was dit impulsief, (en vir my as haar ma baie erg) maar God het vir haar ‘n beter plan gehad. Hy het dadelik vir haar voorsien vir ‘n pos en drie maande later het sy vir die eerste keer weer met haar studenteliefde gaan koffie drink. En, soos God dit vir hulle beplan het is hulle verlede jaar getroud en vroeg in die nuwe jaar kom ons eerste kleinkind. God is so goed, Hy ken ons paaie beter as ons, Hy het altyd net die goeie in gedagte vir ons, maar partymaal moet ons ook die seer in die lewe ervaar om daaruit te groei en empatie en simpatie met ander te kan he. Sterkte vir elke elkeen wat deur hierdie situasies gaan.