My kind is op pad oorsee - ma vertel in haar wenbrief
Hy't my nog altyd aan my pa herinner met sy liniaalinsluk- stap - fier en met afgemete treë. By die diplomaplegtigheid het 'n klasmaat vir my gefluister: "Die perfekte statuur vir 'n butler, Mevrou!" In sy swart pak en wit behandskoende hande het hy daar gestaan. Prim en proper soos sy oorle oupa! Terwyl ék geworstel het om die wurgpatat-knop in my keel afgesluk te kry.
En nou gaan my min-woorde-kind die oseane aandurf as butler vir een vandie wêreld se mees eksklusiewe seiljag-vlote. Hywou altyddie wêreld sien en ander kulture leer ken.
My ma-hart pyn in stilte, maar ek borrel ook van opgewondenheid oor sy once-in-a-lifetime-geleentheid. Kleintydlesse sal vir hom die regte padkos wees. Hy sal altyd warm gehou word deur sy ouers se liefdeskombers, al woed die lewe se stormseë. En hy sál die pad terugvind na die hawe van ons hart - sommer so sonder die GPS!
Maar vir eers moet ons die ankertoue losmaak en sy bootjie die wye oseaan instoot, want so het ons hom geleer: Jy kan nie nuwe oseane ontdek as jy steeds die kuslyn in die oog het nie. - SARIE-leser Wendy Anthonie, Beaufort-Wes
Verwante artikels
-
Amanda Strydom se roerende brief aan Johannes Kerkorrel
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Met die produksie Persreën by Aardklop bring Amanda Strydom hulde aan Johannes Kerkorrel (Ralph Rabie). In hierdie emosionele brief vertel sy hoe diep die spore van hul vriendskap was:
-
Marita van der Vyver se brief aan haar seun
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
-
Mei-maand se wenbrief - "Dans in die reën"
SARIE - Mei 2010
-
Michélle se April-redakteursbrief
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
Vergewe. Vergifnis. Woorde wat maar swaar dra aan die emosie. Dink net aan die debatte en argumente wat dít nie in die laaste jare in SA ontlok het nie.
-
My kind word student - hoe nou?
SARIE - Januarie 2011
My kind is vanjaar ’n eerstejaarstudent. Hoe berei ek haar voor op wat voorlê?
-
My kind: Gee jou kind selfvertroue
SARIE - Maart 2011
Ballet, drama, netbal, debat . . . As jy jou spruit se selfvertroue (en ander vaardighede) ’n hupstoot wil gee, moedig buitemuurse aktiwiteite aan. Hou net by die reëls
-
SARIE leser se brief: Nuwe Wêreld
SARIE - Desember 2010

















Kommentaar