Dit laat jou dink

My kind is rebels en stroomop

Dit is moeilik om te aanvaar, maar in hierdie stadium word jou mening nie hoog aangeskryf deur jou tiener nie!

“Al gee jy goeie raad, sal jou kind ongelukkig op die harde manier uiteie ervaring ook moet leer wat reg en verkeerd is,” sê Clare Harvey, ‘n kliniese sielkundige van Dunkeld, Johannesburg .

Jimmy Henderson, ‘n Lifeline-gesinsberader, verduidelik dat jou kind nou op ’n wipkar van emosies tussen goeie en slegte dae ry. “Hy het nog nie die vaardigheid om die op en af van sy emosies te hanteer nie. Hy sal die waardes waarmee hy grootgeword het, uitdaag en ongelukkig sal hy op sy
eie moet leer watter besluite reg en verkeerd is sover dit vriendskappe, die hantering van geld en ander keuses betref.”

Ongelukkig ontwikkel ’n verantwoordelikheidsin en die begrip dat jy die gevolge van jou besluite moet dra met tyd, sê hy.

“As sy gedrag handuit ruk, kry iemand wie hy vertrou en respekteer om met hom te praat.”