Dit laat jou dink

“My kind wil van my skei!”

Die hartseer agter die verhale is uiteenlopend. Party tieners sê hul ouers is te streng, ander se ouers gee nie genoeg om nie, sommige s’n gee te veel om . . . en party ouers moes nooit ouers gewees het nie!

En dan is daar gewone rebelse tieners wie se ouers hulle irriteer. Dit laat enige ouerhart sidder, want hoe keer jy dat jou kind jou so begin haat dat sy uit die huis wil trek en jou nooit weer wil sien nie?

In Junie vanjaar het die Kaapse Hooggeregshof semi-onafhanklikheid aan ‘n 16-jarige meisie van Milnerton in die Kaap toegestaan. Dis die eerste keer dat ‘n tiener in SA dit regkry.

Die meisie voel haar pa is onredelik streng. Sy mag nie hul huis verlaat het sonder toesig nie. Sy mag ook nie maats besoek het, seunsvriende of ‘n selfoon gehad het nie. Haar pa het haar ook deur die gesig geklap.

Haar ouers is ingeroep toe sy hulp by die skool gevra het.’n Maatskaplike werker is ook betrek voor sy ‘n prokureursfirma in Kaapstad gevra het om haar te help om haar van haar ouers te emansipeer. Dié familieregspesialiste het namens haar die aansoek by die hof ingedien.

In sy verweer het haar pa die ouerhuis as “liefdevol” beskryf en gesê dat hy net sy kinders teen slegte invloede wil beskerm.

‘n Sielkundige,Terence Dowdall, het aanbeveel dat die meisie by ‘n gasgesin woon terwyl ‘n maatskaplike werker haar situasie monitor.

Sy bly nou by ‘n skoolmaat en haar enkelma, maar haar ouers moet haar steeds finansieel onderhou. Hulle mag haar een keer per week op ‘n neutrale plek sien en twee keer per week bel. Die hof het ook terapie vir haar en gesinsterapie aanbeveel.

‘n Kaapse prokureur, Peter M. Barker, sarie September 2010 sê van die kritiek op die saak is dat dit ‘n drastiese stap is om ‘n gesin op te breek en net in hoogs uitsonderlike gevalle toegelaat moet word.

Tydens ‘n radio-onderhoud met Peter en ander kenners wou party inbellers weet of sy nie ook skuld aan die situasie het nie en of haar omstandighede werklik so onhoudbaar is.

Peter sê baie kenners meen die hof het die regte besluit geneem en dat die pa wel te oorbeskermend was.

“In hierdie geval is sy in werklikheid nie geëmansipeer nie, maar die hof laat haar toe om semi-onafhanklik van haar ouers te woon. Dit blyk die regter het sy besluit in die beste belang van die kind geneem.”

Hy sê in ander lande gebeur dit meer gereeld as in Suid-Afrika. “‘n Mens moet verskillend na elke saak kyk. Dit kan ‘n presedent vir toekomstige sake skep,” sê hy op capetownlawyer

Adéle Grosse,’n ouerskapfasiliteerder en skepper van die program In Touch Parenting, sê dis nie uitsonderlik dat ‘n tiener van haar ouers wil skei nie.

“Ek het al met talle gevalle te doen gekry.Te veel. Maar nie almal eindig in die hof nie. Ek het al heelparty gesinne bygestaan wat saam hul probleme kon uitsorteer.”

Christené Gaitskill, senior terapeut by Famsa (Familie-en- Huweliksvereniging van Suid-Afrika) in Bloemfontein, wat ook ‘n private praktyk het, is self ma van drie tienerdogters en ‘n sesjarige seun. Sy meen baie ouers verloor weens hul opvoedingstyl beheer oor hul kinders. “Outokratiese of permissiewe style kan rampspoedige gevolge hê.”

‘n Outokratiese ouer is streng en rigiede reëls geld. Die kind het nie ‘n mening nie. Die permissiewe ouer het nie streng en konsekwente reëls en grense nie en die kind leer nie my kind  om gevolge te dra nie, sê sy.

Prof. Nicolene Joubert, sielkundige en hoof van die Instituut vir Christelike Sielkunde in Johannesburg, sê tieners sal noodwendig gesinsreëls, godsdienstige oortuigings en die bestaande samelewingsbestel bevraagteken. “Dis belangrik vir die ontwikkeling van ‘n eie identiteit en waardestelsel. Dit vorm die basis vir die vermoë om morele keuses te maak gegrond op morele oortuigings en insig eerder as blote gehoorsaamheid aan ouers se wense.”

As ouers hierdie proses nie verstaan nie en te rigied en outokraties optree, versterk dit die kind se rebellie en veroorsaak konflik.Te liberale ouers wat nie gesonde grense stel nie, kan dieselfde resultaat verwag – onhanteerbare rebelse gedrag,meen sy.

Om die goue middeweg te vind klink makliker as wat dit is. Soos Christené sê: “Ouers het dikwels onrealistiese verwagtinge van hulself en hul kinders. Jy en jou kinders gaan foute maak.”

Adéle glo die wenresep is gelukkige ouers. “Ouers met vervulde lewens se kinders voel veilig en geborge.”

Haar program In Touch Parenting is gegrond op vier pilare: kommunikasie, dissipline en grense, verantwoordelikheid en ook selfbeeld.”Praat eerlik met jou kind en luister veral met jou oë, ore en sesde sintuig,” sê Christené. “Hanteer konflik met liefde, moenie beskuldig of persoonlik raak nie. Keur die daad af, nie die mens nie. Gebruik ‘ek’- en nie ‘jy’- boodskappe nie. Laat jou kind voel haar mening en gevoelens is belangrik. By gesinsvergaderings kan almal gevoelens deel sonder veroordeling.”Prof. Joubert glo jy moet jou rebelse tiener se leefwêreld probeer verstaan. Ook sosialisering in die kuberruim.

“Dit vorm deel van tieners se sosiale ontwikkeling. Leer ken dit en voer oop gesprekke, eerder as om dit net te verbied omdat daar gevaar kan skuil. En bespreek probleme sonder aggressie of passiewe gedrag (omdat jy nie lus is om wéér met jou tiener te baklei nie). “Probeer om jou kind se perspektief ook in te sien voor jy bloot weier om toe te gee. As julle reeds haaks is, kan selfondersoek help en dan kan jy opreg probeer om haar behoeftes te verstaan,” sê sy. Amanda Gifford, sielkundige en Family Constellations-fasiliteerder van Johannesburg, sê die doelwit van ‘n gesin is om elke individu die kans te gee om te kommunikeer, lief te hê, te groei en te verander, maar om deur dit alles daar te wees vir mekaar. Verstaan deur watter emosionele veranderinge ander gesinslede gaan. Sy benadruk ‘n gesin is nié ‘n plek waar individue mekaar onderdruk nie. “Koester en ondersteun mekaar.”

Grense

 As ouer het Christené geleer om konsekwent te wees en te luister voor sy net “nee” sê. “Grense is noodsaaklik. Dit gee jou kind geborgenheid en rigting. Die grense hou verband met jul gesinswaardes. Stel dit duidelik, maar besluit sáám op reëls en straf.” Prof. Joubert sê ouers moenie onredelike reëls neerlê nie en tred hou met die persoonlikheid en ontwikkelingsfase van die kind. Soos Adéle verduidelik: “Vir ‘n tweejarige kan ‘nee’ dalk voldoende wees, want julle kan nog nie redeneer nie. Vir ‘n tiener wat alles in die lewe begin bevraagteken, gaan jy oortuigende redes vir jou ‘nee’ moet gee.”

 

Verantwoordelikheid

 Christené meen tieners moet stelselmatig meer verantwoordelikhede kry en leer om die gevolge te dra: positief of negatief. Dis op hul beurt ouers se verantwoordelikheid om as volwassenes aan hul eie groei sowel as hul verhouding met hul kinders aandag te gee, benadruk Amanda. Adéle glo die beste geskenk vir ‘n kind is “‘n ingeligte, toegewyde, verantwoordelike en positiewe ouer”.

Selfbeeld

“Leer jou tiener om voluit te leef, maar ook dat sy foute kan maak en jy haar steeds sal liefhê en aanvaar. Ouers bou aan kinders se selfbeeld deur positiewe terugvoer en nie net deur te fokus op die negatiewe nie. Gee erkenning vir wat sy reg doen,” glo Christené. Amanda sê ouers moet na hul eie lewe kyk. “Is jy dalk die oorsaak dat julle vassit? As jy self ongelukkig is, stel vas hoekom. Werk daaraan. As jy jou eie geluk kan uitsorteer, kan dit die ergste spanning uit ouerskap neem.” Adéle benadruk as ‘n ouer haarself nie verstaan nie, sal sy nie haar kind se unieke individualiteit kan begryp nie.

Kry hulp Christené sê as jy voel jy het die leisels verloor, moet jy professionele hulpkry. prof. Joubert weet van talle gevalle waar konflik tussen ouers en tieners op ‘n sort “egskeiding” uitloop en glo beradingkan sake uitstryk. “Kinderswat wel geldige probleme het omtewil ‘skei’, kanpraat met iemandwat hulle vertrou, soos ‘n onderwyser of predikant. Of raadpleeg ‘n sielkundige.”

Amanda verduidelik Family Constellations bringgesinne dikwels in voelingmet onbewustelike gesinsdinamika, hoe omnegatiewe patrone te verbreek, om mishandeling te erken en te staak, enometiese en emosionele verskille te oorbrug. Die ideaal is as die hele gesin saamwerk.

Jaco het nog altyd oor die lyne ingekleur.Reëls is iets wat uitgedaag moet word . . . Alles word bevraagteken. Hy is in graad 1 met aandaggebreksindroom (AGS) gediagnoseer,

bevestiging van wat ek reeds geweet het: Dit gaan bloedsweet wees om hom

groot te kry.

Ek het oral kers opgesteek oor die beste manier om hom te help, sielkundiges besoek, stapels boeke deurgewerk. ‘n Kind moet grense hê om veilig te voel. Ek het dit so wyd moontlik getrek.Hy is so cool met sy Elviskuif, sy lip-ring en sy stywe, stywe rooi jeans. Die grense wat daar is, is egter ononderhandelbaar.Hy moet sy skoolwerk doen, gesond eet, genoeg

slaap . . . Dinge wat sy toekoms raak. Sy ouer broer, Fransie* (20), is ‘n modelkind. Uiteraard moes ek my ouerskapstyl aanpas. Ek het Jaco nooit in ‘n raampie probeer druk nie,maar hom toegelaat om sy eie identiteit te ontwikkel.Hy was my babbelbekkie, die een wat almal laat skaterlag het, altyd vrygewig met sy drukkies . . . Op 13 is sy pa skielik dood.Hy het soveel verloor: sy rolmodel, maar ook sy beste vriend. Ons lewenstandaard moes aangepas word en Jaco het my dit bitter verkwalik. Maar ek moes nee sê – daar was nie geld nie. Op 16 kon ek nie meer met hom huishou nie.Hy was aggressief, uitdagend en rebels.Hy wou nie skool toe gaan nie, het so laat uitgebly soos hy wou. Elke deur in die huis is met sy vuiste bygekom. Toe kom Gert*,’n vriendin van Jaco se pa, op die toneel. Dit het eers na ‘n bestiering gelyk,’n sterk mansfiguur in sy lewe.Maar dit was ‘n nagmerrie.

 

‘Ek het my 16-jarige seun die huis belet’

As onderwyseres het Elize* van Johannesburg gedink sy weet alles van kind grootmaak. Toe word Jaco* (nou 18) gebore.

Elize se storie As Jaco nie sy sin gekry het nie, het hy by Gert gaan plak. Daar kon hy laat uitbly, met Gert se groot 4×4 rondry, sonder lisensie.Hy het begin rook en drink.Op skool het dit beroerd gegaan. Gert was nie bereid om met my daaroor te gesels nie, om hande te vat in Jaco se beste belang nie. Ek en my kind was altyd na aan mekaar en hy het die vrymoedigheid gehad om enigiets met my te bespreek. Dit het verander: Hy was wrokkig teenoor my.Hy het geloop, teruggekom. Elke keer was hy meer aggressief,meer uitdagend. Ek het met sagtheid, liefde en redelikheid probeer reageer.Hy het dit as ‘n swakheid gesien.Tot ek besluit het dit kan nie so aangaan nie.Ek en

Fransie was uitgelewer aan sy onredelike eise en woedebuie. Ek het hom die huis belet.’Weet ek sal altyd lief wees vir jou. As jy bereid is om te verander kan jy terugkom.’ Dit was die moeilikste ding wat ek nog gedoen het. Ek het ses maande lank nie van hom gehoor nie en gedink ek het my kind vir altyd verloor.Ek het gereeld vir hom ge-SMS: ‘Ek is life vir jou. Ek mis jou.’Soggens het ek sy kamer se gordyne oopgetrek en gebid: ‘Here, wees met my kind. Beskerm hom.Stuur iemand wat hom kan help.’ En toe ‘n SMS: ‘Mamma, ek wil huis toe kom.’ ‘Hoekom?’wou ek weet. En die antwoord: ‘Sodat ek weer liefde kan kry.’ Dit was presies ‘n jaar nadat sy rebellie begin het. Hy het gekies: Die onvoorwaardelike aanvaarding van sy ouerhuis, met die reëls wat daarmee gepaard gaan.Teenoor ‘n huis sonder reëls, maar sonder liefde. Dat hy kon terugstap op sy spore: Dit was alles net genade.” Lydia van der Merwe*Skuilname is gebruik.

Jaco se brief

Liewe Ma . . . Ek kan dit nie genoeg sê nie: mamma, ek is so jammer. Ek is so verskriklik lief vir jou. Ek weet nou nog nie hoekom ek hierdie dinge gedoen het nie. Ek moes bietjie mal gewees het. Ek het jou gehaat, ma. niks het meer sin gemaak nie. Pa was weg. daar was nooit meer geld nie en ek het jou kwalik geneem. Totdat ek besef het ma ismaar net ‘n alleenouer wat jou bes doen om dinge bymekaar te hou. dis steeds baie donker ommy. maar dis wonderlik dat ons weer ‘n gesinnetjie is, dat ons altyd daar is vir mekaar. Ek is maarmamma se ou handyman, meer prakties as jy en my broer saam. dismy grootste hartewens dat jymyweer onvoorwaardelik sal vertrou – nes jy Fransie vertrou. jy het deur alles vir my lief gebly. Ek is trots op jouma, jy is sterk. jy laat jou nie rondstoot nie, deur niemand nie.”


Jaco

 

HULPNOMMERS

Prof. Nicolene Joubert:

011 827 7611

Amanda Gifford: 083 299 2921;

amanda@geniuslab.co.za

TOUGH LOVE 0861 868 445 of

e-pos info@toughlove.org.za

In Touch Parenting: Registreer by

www.intouchparenting.co.za vir

aanlynraad; 021 447 8302 of

adele@intouchparenting.co.za