ys4f6098
Dit laat jou dink

“My suster is (steeds) die witbroodjie”

“My ma trek nog altyd my jonger suster voor, selfs noudat ons volwassenes is. Ek doen al die moeite vir haar, maar as my sus nou en dan gaan kuier, kan my ma nie uitgepraat raak oor haar en haar talentvolle kinders nie. My kuiers word as vanselfsprekend aanvaar en my ma kritiseer my en my manier van kind grootmaak die meeste van die tyd. Dit maak seer. My man sê ek moet my eie ding doen en ophou witvoetjie soek. Ek sien my suster min en is jaloers as ek sien watter lekker pelle my vriendinne met hul susters is.” – SARIE-leser

In die Augustus-SARIE help die kenners met ‘n paar wenke om dié situasie te hanteer wanneer “jy twee intieme verhoudings met twee belangrike figure in jou lewe misloop…”