sr1012waardes01
Dit laat jou dink

‘n Ma van twee tieners vertel…

Dis vir my en my man, Johan, uiters belangrik om ons seuns met die regte waardes groot te maak, sê Christine Ferreira, redakteur van die geestelike tydskrif Lééf – met hart en siel. Respek vir jouself en ander en liefde vir en aanvaarding van jou medemens staan bo-aan die lys.

 Ons maak ons seuns, Christoff (14, links op foto) en Francois (16), volgens Christelike beginsels groot. Die aantreklikheid van materialisme is ’n groot uitdaging vir tieners vandag.Ons probeer om nie te veel klem te lê op besittings nie. Maar ons gesels gereeld as gesin oor alles wat ons het om voor dankbaar te wees. Die seuns deel ook in die verantwoordelikheid van take doen in en om die huis. Dit skep by hulle ’n gevoel van verantwoordelikheid en waardering vir besittings.

 Ons bestee baie tyd saam as gesin. Veral naweke word saam gekook en gekuier. Dis wanneer die seuns oopmaak en gesels oor wat in hul lewe aangaan. Hulle hou ons natuurlik mooi dop – kinders volg maar ’n mens se voorbeeld. Ons is nie sonder sonde of foute nie en probeer help om by hulle ’n realistiese uitkyk op die lewe te kweek. Ons is streng as dit kom by uitgaan. Hul maats weet al ons duld nie leuens nie.Die waarheid kom in elk geval altyd uit. Ook, jou dade het altyd gevolge. Jou keuses bepaal jou toekoms. Ons gaan verder gereeld saam kerk toe.Dit anker ons as gesin.

  • http://cvuquvnbpqib.com/ qwhvrwvh

    p5ROfF mekdtaisjtkt, [url=http://dqnsqhororwu.com/]dqnsqhororwu[/url], [link=http://fdhaahxdiapr.com/]fdhaahxdiapr[/link], http://znqsuuwbdewj.com/

  • Alung

    Hallo julleEk mis sommer vir julle. Wil net viinng hallo sea. Hoe gaan dit in Jhb? Ons was mos laasweek daar by ma hulle vir so 3 dae. dit was definitief te kort. Karla is seker al groot. Ek wag vir nuwe fotos hoor! Julle moet lekker bly en laat dit goed gaan.Ek kry vir pappa so jammer. Hy het darem `n maraton operasie gehad. Eks bly dis nou verby en dat hy nou net kan beter word.Dis erg wat met Donavan hulle gebeur het.Wel soet wees en ek mis julle baie.Liefde Soekie