ys4f8343
Dit laat jou dink

‘n Man in rooi maak jou knieë lam

’n Onlangse studie aan die Universiteit van Rochester, New York, wys vroue voel aangetrokke tot mans wat iets roois dra, hoewel hulle eintlik onbewus is daarvan dat die kleur ’n invloed op hulle het. Evolusionêre biologie en kultuur speel glo ’n rol: Rooi is al van die vroegste tye ’n teken van mag, rykdom en status. Die studie wys ook dié mans lyk dalk vir vroue aantrekliker, magtiger en begeerliker, maar nie noodwendig gawer of sosiaal aangenamer nie.

*Bron: webmd.com