'n Tyd van hoop

Deur Martie Swanepoel, SARIE - Desember 2010

“Na die dood van ons dogter het ek een dag op ’n slag gegroei, en ek het ook geestelik gegroei. As ek nie God aan my kant gehad het nie, sidder ek om te probeer dink wat van my sou geword het. Die eerste twee Kersfeeste ná Daniellé se dood was verskriklik. Daar was nie ’n Kersboom of liggies nie. Ons was onrustig. Asof jy bang is iets gebeur weer.  “Een Kersfees het ek gewonder hoe Daniellé, Jesus en al die mense in die hemel dié dag vier. Hulle het geen vrese nie en is omring deur liefde en vrede. “Maar ons het weer begin Kersfees vier ter wille van Andricko (6). ’n Mens onderdruk jou pyn en ruk jou reg. Ons leer hom Kersfees is ’n mooi tyd en dit het ’n baie groter en meer edel betekenis as wat ons in 2006 beleef het. “Ons herdenk Jesus se geboorte nou elke jaar deur liefde te toon teenoor minderbevoorregtes. Ons deel geskenkies, kos en lekkers uit. Dit maak die feestyd vir ons weer spesiaal.” - Anel Esterhuizen

Verwante artikels

  • Chris Chameleon se hoop, vrese en lesse

    Chris Chameleon se hoop, vrese en lesse

    SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 2

    Dié sanger-liedjieskrywer spog met ’n nuwe album, Kyk hoe lyk ek nou. Hy kyk na binne . . .

  • Daar is hoop vir ons land

    Daar is hoop vir ons land

    SARIE - Junie 2009

    'n Paar Tafels van Vrede en Eenheid is gelyktydig in verskeie provinsies aangelê. Riette Rust was saam met 700 ander by die Kaapse tafel digby die kabelkar-stasie op Tafelberg

  • Lize Beekman se hoop, vrese en drome

    Lize Beekman se hoop, vrese en drome

    SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2

    Lize Beekman, een van SA se mees geliefde sangers en liedjieskrywers, vertel van haar hoop, vrese en drome

  • Mosaïek van hoop

    Mosaïek van hoop

    SARIE - Februarie 2008

    Sy moes van voor af leer loop nadat sy haar buurvrou te hulp gesnel en self aangerand is. Alexa Kirsten vertel van haar pad na herstel

  • Nuwe hoop na dogter se fratsongeluk - ma vertel

    Nuwe hoop na dogter se fratsongeluk - ma vertel

    SARIE - April 2009

    Sy moes skielik die 'sterk een' word toe haar man en dogtertjie ernstig in 'n fratsongeluk verbrand het. Maar Erica Neser het ontdek: Ons het baie meer krag as wat ons ooit kan droom. Die pad wat ander stap, gee ons insig en hoop vir ons eie lewensreis.

  • Vinette Ebrahim: ‘My blou veer van hoop’

    Vinette Ebrahim: ‘My blou veer van hoop’

    SARIE - Augustus 2007

    Bekroonde aktrise, aktivis, biegmoeder, mentor ... Vinette Ebrahim is ’n vrou met vele kante. Sy’s méér as net ’n karakter in ’n sepie.

Kommentaar

Web Development by FormFunction