ys4f6098
Dit laat jou dink

‘n Tyd van hoop

“Na die dood van ons dogter het ek een dag op ’n slag gegroei, en ek het ook geestelik gegroei. As ek nie God aan my kant gehad het nie, sidder ek om te probeer dink wat van my sou geword het. Die eerste twee Kersfeeste ná Daniellé se dood was verskriklik. Daar was nie ’n Kersboom of liggies nie. Ons was onrustig. Asof jy bang is iets gebeur weer.  “Een Kersfees het ek gewonder hoe Daniellé, Jesus en al die mense in die hemel dié dag vier. Hulle het geen vrese nie en is omring deur liefde en vrede. “Maar ons het weer begin Kersfees vier ter wille van Andricko (6). ’n Mens onderdruk jou pyn en ruk jou reg. Ons leer hom Kersfees is ’n mooi tyd en dit het ’n baie groter en meer edel betekenis as wat ons in 2006 beleef het. “Ons herdenk Jesus se geboorte nou elke jaar deur liefde te toon teenoor minderbevoorregtes. Ons deel geskenkies, kos en lekkers uit. Dit maak die feestyd vir ons weer spesiaal.” – Anel Esterhuizen