Nataniël oor kragonderbrekings
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
"Ek het al 'n roetine, sodra die eerste druppel val, steek ek elke kers in die huis aan. Dan sit ek die ketel aan en vul elke houer met kookwater vir die res van die dag of nag se behoeftes. Nog voor dit hard reën, skakel ek die munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling. Sodra die aaklige liedjie op hul skakelbord begin speel, sit ek die gehoorstuk langs die foon en berei vinnig aandete. Tien minute later is daar 'n dowwe slag en die donkerte vou my toe, die krag is af, die agttiende eeu is terug. Ek gaan sit langs die foon. Die aaklige liedjie speel nog steeds. Ek beweeg nie, ek sit en broei...
"...Dis eers nou, ná jare, dat ek weet die reën val sodat alle hedendaagse onnodigheid kan wegspoel, bome val sodat ek kan groei en die donker kom sodat ek myself en my vermoëns kan herontdek, anders bly ek - elektrisiteit en al - sonder krag."
- Nataniël, oor die buurt waar hy woon. Swaar reëns veroorsaak bome wat omval, wat op hul beurt 'n kragdraad afruk - dan is die hele buurt sonder krag. Lees in die Junie-SARIE, vanaf 17 Mei te kry.
Verwante artikels
-
"Een van my stokperdjies is huil" - Nataniël
SARIE - April 2010
-
Nataniël oor ons land
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 4
-
Nataniël oor pieknieks
SARIE - Desember 2009
-
Nataniël oor sy ma
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
-
Nataniël se wens vir die nuwe jaar
SARIE Januarie 2010
-
Nataniël: "Dalk is dit omdat ek in die verkeerde tyd gebore is"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
"Die foto hierbo is geneem in Oktober 1864. Ek was 'n gas van baron en barones Finney op hul landgoed Ickworth naby Suffolk."
-
Nataniël: "Ek het op daardie oomblik geweet hoe ek myself aan die wêreld gaan wys."
SARIE Augustus 2010
-
Nataniël: Kaalkop Job
SARIE September 2010
In my lewe gebeur alles op ’n Dinsdag.
-
Nataniël: Kaalkop saamsleep
SARIE Julie 2010
Daar was ’n vrou, taamlik bekend in sekere kringe, wat blykbaar net nie uitgepraat kon raak oor die feit dat sy geskei is nie.
-
Nataniël: Kopskoot
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ons kook ook kos, ons ontwerp ook slim goeters, ons skryf ook liedjies, waar’s ons miljoene?
















Kommentaar
Eben het gesê:
Dankie vir die lag dit is brood nodig,
8ste Feb. 2012, 10:13