Nataniël oor laatnag-rituele

Deur Nataniël, SARIE - April 2011

"Ek het vergeet van laatnag, hoe stil en verfrissend en uniek dit is. Op universiteit het di elaatnag bestaan uit te veel drank, onnodige partytjies of take wat moes klaarkom. later het dit die tyd geword vir donker paaie ná 'n konsert, regop sit van spanning oor openingsaand, woede oor 'n swak resensie, bekommernis oor familie en vriende, gaste wat nie wil vertrek nie of 'n moegheid wat nie slaap toelaat nie. Laas nag het ek weer ontdek dat dit 'n heerlike tyd is en dat ek dit gereeld moet beleef. Talle kunstenaarsvriende skilder of skryf net in dienag, bakkers verrys middernag om vars brode teen dagbreek gereed te hê, iewers gooi iemand 'n koeksister in stroop.

"Gaan lê vanmiddag. Of slaap vroegaand. En sluip vannag rond. Doen iets wat jy lankal moes doen. Ongestoord. Die wêreld is joune." - Nataniël uit sy Kaalkop-rubriek in die April 2011-uitgawe van SARIE.

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction