Nataniël oor sy ma
Jy ontgroei nooit jou ma nie, soos sy ewiglik loop in die spore van háár ma, so bly jy klou. Jy soek die veiligheid, die dissipline van ’n huis met reëls, die aansporing van jou skooljare, die verligting van ’n maagpyn, die ferm hand op jou rug wanneer jy te bang is vir die volgende tree. - Nataniël in die nuutste Kaalkop-rubriek, vanaf Maandag 8 Maart te kry.
Verwante artikels
-
As my kaart kom
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 4
Ses jaar nadat ek my huidige tuiste gekoop het, daag hier nog steeds posstukke geadresseer aan die vorige eienaars op.
-
Nataniël oor kragonderbrekings
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
-
Nataniël oor ons land
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 4
-
Snotkop (Francois Henning) oor sy ma
SARIE - Mei 2010
















Kommentaar
Marinette Cilliers het gesê:
sien uit na die artikel. ek sit vir 'n jaar in Suid-Korea en 'n dag gaan nie verby wat ek nie my ma (en pa) mis nie. hoe sy vir my nag se, my hand kielie as ons TV kyk, hoe sy kos maak, die manier hoe sy baai se oor die telefoon, 'n vinnige sms met skindernuus of hoe sy my vashou as ek hartseer is en my verseker dat more beter sal wees. 'n ma is die persoon wat altyd konstant en standvastig in 'n mens se lewe is met haar liefde, raad en drukkies!
26ste Mar. 2010, 05:54Vic het gesê:
Dis so die waarheid. Meeste mans ontgroei nie hul ma nie en die ma ontgroei ook nie die seun nie. Dit kan positief of negatief wees, veral as die seun in verhouding betrokke raak. Ma wil nog sy finansies doen, die besluite vir hom neem en sy wil basies sy vrou ook vir hom wees. Dis asof hy nie sy eie voete sonder ma kan vind nie. Ek is mal oor jou stukke wat jy skryf...
16de Mar. 2010, 15:23