sr1008nedinesus01
Dit laat jou dink

Nedine Blom: Ons hartseer geheim

“Hoe meer ek praat, hoe gesonder word ek… Ek het ‘n pyn in my hart gekry as ek oor hom praat. ‘n Geestelike berader het my met die vergifnisproses gehelp. Ek moes hardop bely dat ek my pa vergewe en hom vryspreek. Dit het my bevry.” – Sangeres Nedine Blom oor haar seer kinderjare en haar pa wat haar suster gemolesteer het.

Lees EKSKLUSIEF in jou Augustus-SARIE oor Nedine en haar suster, Elmi, se hartseer geheim.

  • thembela

    hello sarie en sy lesers ek is thembela sifile x lees altyd julle tuidskfif mal daaroor

  • http://www.timios-homes.co.za Tania Combrink

    Ons werk daagliks met kinders wat uit sulke omstandighede verwyder word. GEEN persoon of kind WIL daaroor praat nie, maar genesing kom slegs as daar terapie gedoen word en OPENLIK daaroor gepraat kan word. So ‘n persoon sal na baie jare nog "triggers" ervaar as hul bv by dieselfde huis verbyry of iets ruik soos kos wat op daardie oomblik gemaak was. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon dat kinders wat dit so lank wegbêre in hul onderbewussyn gewoonlik baie langer neem om te herstel as die wat dadelik daaroor praat. Wat my die meeste verstom is mammas wat hulle kinders nie glo nie en by die "oortreder" bly. Ek wil vir dogters en mammas sê: praat daaroor en vertrou mekaar! Nedine julle doen wonderlike werk! As beskermvrou van Timios Homes, sê ons vir jou dankie dat jy ons taak vergemaklik deur so openlik te wees. Sterkte vir jou Sus!

  • Liezel

    Nedine,
    baie dankie. Net die Here kan mens die krag gee om te praat oor soveel seer. Die feit dat jy bekend is, maar dit nog moeiliker. Maar jy het!!
    Ek kom uit dieselfde agtergrond en het ook eers genesing en bevryding (vrede) gekry toe ek begin praat het.
    Ek het ook al verskeie kere getuig met die doel dat as net een kind se lewe daardeur verander kan word, was dit die moeite werd. Jy kan nog meer mense bereik.

    Sterkte en liefde