"Niemand hou van haar nuwe kêrel nie!"
Dilemma:
"'n Baie goeie vriendin gaan uit met 'n man wat niemand in ons vriendekring kan verdra nie... Ons gun haar geluk, maar nie met hom nie. Sy is blind vir sy foute. (Ek vermoed hy's net agter haar geld aan ... hy praat pal oor homself). Ek dink sy is eintlik desperaat om iemand te hê. Moet ek met haar daaroor praat en haar waarsku?"
Wat sê die sielkundige?
Onthou: Dít wat jou van ander pla, het dikwels meer te doen met iets onaanvaarbaars binne jouself. Vra jouself: Lyk sy gelukkig? Het sy verander sedert sy in die verhouding is? Laat jou hierdeur lei. Dalk gaan dit nie oor of jy praat nie, maar eerder oor hóé..." - Elmarié de Plessis, kliniese sielkundige van Durbanville
**Lees die volledige raad van 2 sielkundiges in die Desember-uitgawe van SARIE
Verwante artikels
-
Dr Eve-dilemma: "Seks was nog nooit lekker"
SARIE - September 2009
Vraag: Ek is 27 en seks was nog nooit lekker nie, al het ek verskillende tegnieke probeer. Ek probeer die indruk by my vriend skep dat ek nie in seks belangstel nie.
-
Lae vet, lae GI dalk nie die antwoord op jou gewigsprobleem . . .
-
My seun is gay
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 7
My seun (17) sê hy is gay. Hy was nog nooit ’n “tipiese” seun nie – hy is kunstig en help graag met binneversiering. Hy is nie vroulik of meisierig nie, en het baie seuns- en meisiemaats.
















Kommentaar