01_shattered_glas
Dit laat jou dink

Nou’s ek dankbaar – leser vertel

“As jou selfoon-alarm jou wakker maak, lê vir ‘n oomblik en dink daaroor: Jy kan jou foon hoor, sien en daaraan vat, jy kan jou lyf beweeg . . . Daar is soveel om voor dankbaar te wees, al het jy dalk seer.

“My pa is sowat 10 maande gelede oorlede. Hy is vermoor. Voorheen was ek mislik, altyd aan die kla, met min waardering vir die lewe. Maar nou, met die seerste seer wat ek nog beleef het, waardeer ek elke dag dat ek lewe en asemhaal, die min maar wonderlike mense in my lewe, elke seëning van die Here.

“Die lewe is te kort vir klein, nuttelose kwessies. Dis ‘n troos om te weet ek het die beste pa in die wêreld gehad en dat ek is waar ek is en dis te danke aan hom.” – Leser Alicha Fourie van Richardsbaai

  • http://upldglvbtvvt.com/ dikpxmg

    Gsboyc dvraiccvmket, [url=http://wdcfuuxdyewh.com/]wdcfuuxdyewh[/url], [link=http://nozhlbufqyts.com/]nozhlbufqyts[/link], http://rpxsnscyafqq.com/