sr0909selfdinge_2_
Dit laat jou dink

Ons bekendes staan op vir waardes

Op 24 Maart word die Stand as One-veldtog geloods. Bekendes soos Nedine Blom, Andries Potgieter en Romanz span kragte saam om jongmense bewus te maak van die groot krag wat waardes in ’n mens se lewe het.

Kinders en jong volwassenes is deesdae verward en verval maklik in verkeerde gewoontes. Hulle beland in die moeilikheid en soms het dié aksies, wat weens groepsdruk gedoen is, gevolge wat die res van hul lewe ’n negatiewe invloed op hulle het.

Die Stand as One-veldtog wil tieners bemagtig sodat hulle ’n goeie besef van eiewaarde het. Jongmense het oneindig baie potensiaal en hulle is die volwassenes van die toekoms. Deur vir hulle die krag van waardes te leer, kan regtig ’n hele positiewe beweging begin. Dink net watter ongelooflike gevolge dit op ons samelewing kan hê…

Motiveer gerus jou kinders en tieners om dié opwindende aand by te woon. Laat die saadjie van waardes en hoop op die toekoms in jou kind se lewe geplant word. Alle kinders is goud werd, hulle moet dit net self ook glo!

Die Stand as One-veldtog word op 24 Maart om 18:00 by die Laerskool Magalieskruin bekend gestel. Kaartjies is beskikbaar by www.iticket.co.za