Dit laat jou dink

Ons het niks meer vir mekaar te sê nie . . .

“Ek het só uitgesien dat my kinders ‘n slag uit die huis is en ek weer my man vir myself het. Maar nou besef ek ons het niks meer in gemeen nie. Die kinders was eintlik ‘n gerieflike buffer. Ek dink nie ek ly aan leënes-sindroom nie, ek sien ons kinders gereeld. Maar ek weet nie meer met wie ek getroud is nie. Kan ons mekaar weer vind?” – SARIE-leser se dilemma

In jou November-uitgawe van SARIE gee twee sielkundiges raad oor hierdie probleem.

Wat sê jy?

Vertel vir ons wat jy dink in die kommentaarboksie hieronder.

 

  • Heila

    Sjoe, nou raak ek bekommerd!! My man het sy werk bedank om te gaan aftree – hy is 57 en ek 54jr – ons het n kleinkind (4jr) wat permanent by ons woon…eintlik nog tot Des 2010, maar wat dan?? Die kind hou ons aan die gang en is sy oupa se lewe…. ek het hoeka al gedink wat gaan gebeur die dag as hy terug moet gaan na sy ouers? Sal ons twee nog vir mekaar iets te se he want hierdie seuntjie het ons ‘bestaan’ geword vir die afgelope 3jr en paar maande… ons het eers saam aan padwedlope/fiets wedrenne deelgeneem maar met n kleintjie het of die een of die ander gegaan want iemand moes tog by die kind bly….

  • Nannie

    Ons is nou Desember 10 jaar getroud en het nie kinders nie. Ons filosofie was nog altyd om vir mekaar te lewe, elke aand tyd te maak om oor die dag se gebeure te praat, jou gevoelens en hoekom jy so besluit het of hoekom jy ‘n spesifieke ding gedoen het. Ek stem saam baie huwelike word aan mekaar gehou deur kinders en intussen gaan een van die lewensmaats stadig maar seker dood. Is dit nie ook dalk ‘n rede hoekom daar dan ander wyvelde gesoek word nie – ek weet nie eks nie ‘n kenner op die menslike gedrag, ens nie. Ek leef vir my man wat my maat, liefde en soms ‘n groot kind is. Kinders moet nie tussen in kom of die middel punt van geselskap wees nie

  • Petro

    Ai ek wens so ons kon almal ‘n vak op skool gehad het waar ons kon leer wat is ‘n huwelik en wat en hoe maak ons kinders groot. Al raad wat ek na 35 jaar se getroude lewe vir jou kan gee, is; begin weer om vir hom te te vertel hy is jou hero , hy is darem beter as ander mans, vat aan hom, sê goedtjies wat hom weer kan laat voel hy is onmisbaar, begin sommer weer die aanvoer werk doen in die slaapkamer doen kleingoedjies net vir hom prys hom, al voel jy nie nou meer so nie. Moet nou net nie alles tergelyk begin nie, hy sal dalk dink jy steek iets weg, begin stadig, treetjie vir treetjie. Ek sal vir jou waarborg na ‘n ruk, dit kan dalk ‘n paar maande vat, maar sussie ek sê vir jou, jy begin om die wiel stadig weer te draai, en voor jy jou oë uit vee is daai sparkel weer terug in die huwelik. die wiele rol en man watter lekker 2de kans is dit na die kinders uit die huis uit is. Die mans kan nie weer die wiel begin draai nie, ons as vouens moet, ek weet nie hoekom nie, maar dit werk net so, ek glo dit is die gom om enige huwelik weer te plaaaak en sussie jy sal moet keer, manlief word weer daai hansome een op wie jy verlief geraak het,ai en asseblief hou op neul, die lewe is so kort wat maak dit tog saak op hy nie altyd sy sokkies optel nie. Lief hom en hy sal jou lief