"Ons Kersfees in Nieu-Seeland" - SARIE-leser vertel
"Hier word twee keer per jaar Kersfees gevier. 'n Midyear-Kersfees met partytjies by die werk. Sommige Kiwi's maak hul huis oop en hou 'n Kersete nes in Desember. As Christen-gesin voel ons die hele doel van Kersfees word gemis en ons neem nie hieraan deel nie.
"Die meeste van ons het geen familie hier nie, en Kersfees is 'n moeilike tyd. Ons kry soveel moontlik mense bymekaar sodat niemand alleen is nie. Oukersaand hou ons 'n ete saam met vriende wat "naaste familie" vir ons is. Dis 'n groot gedoente met baie kos en tafels wat spesiaal gedek is. Onder die Kersboom is baie geskenkies gepak vir die kinders en Kersvader is hier om dit uit te deel.
"In die weke voor Kersdag sien jy oral vuurwerk. Die mense doen moeite met huise opmaak en duisende dollars word bestee aan liggies. Hier is selfs kompetisies vir die huis wat die mooiste versier is. In Auckland (dis 20 km suid van ons) is Franklin Street 'n groot attraksie saans en jy kan nie met jou motor daar ry nie. Almal loop en bewonder die huise met duisende liggies en versierings. Daar is ook huise met sneeumakers voor in die tuin, sodat die kinders 'n wit Kersfees kan beleef. Die winkels is tot 12-uur in die aand oop met baie spesiale aanbiedinge.
"Vanaf Oktober skiet hier ook winkels op wat net Kersgoed verkoop, ongelooflike versierings in enige tema en kleur waaraan jy kan dink." - Madelyn Reimers, uit Nieu-Seeland
Verwante artikels
-
'n Kersfees soos Ouma s'n - dekor- en resep-idees
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Onthou jy die lamsboud en daai trifle? Kinders wat lag en baljaar. Bring familie en vriende om feestafel byeen en hou Kersfees soos tóé . . .
-
Die Pretorius'e vertel oor Arizona
SARIE September 2010
Daleen en Hendri Pretorius braai en praat lekker Afrikaans met die Springbok-klub se mense in Arizona.
-
E-pos uit Samarkand, Oezbekistan
SARIE - Januarie 2009
Hulle leef om te reis en reis om te leef. Nou is Mandy en Jacques du Randt op ’n uitgebreide wêreldtoer . . .
-
Heleen en Gert de Necker e-pos uit die 'outback', Australië
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Heleen en Gert de Necker woon deesdae in die outback van Australië, wat vir haar baie soos die Bosveld in Suid-Afrika lyk.
-
Hoe gemaak as skoonsus oorneem?
SARIE - Desember 2010
-
Janet English skryf uit Ann Arbor, Michigan, VSA
SARIE - Februarie 2009 | Kommentaar: 3
Sy is vir die eerste keer in 4 jaar terug in SA - Janet English kom haar Amerikaanse man aan die familie voorstel en 'n 2de keer trou!
-
Kersfees by die see: Dekor- en resep-idees
SARIE - Desember 2010
Dis die tyd vir kreef op die kole en die geraas van branders op die agtergrond. Kuier feestelik op die stoep - familie en see is jou inspirasie.
-
Marina Wesselowski skryf uit Berlyn, Duitsland
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 1
Hoe oorleef Marina Wesselowski van Kaapstad in Berlyn? Met biltong, Mrs Ball’s, Peppermint Crisp en SARIE. . .
-
Susan Klynsmith e-pos uit Luxemburg
SARIE - Oktober 2010
Susan Klynsmith se hart trek met ‘n punt terug na haar geboorteland en die verlange is groot. Maar so ook die uitdagings om ‘n lewe te skep vir haar en haar gesin in Luxemburg waar hulle nou woon en werk.
















Kommentaar
EL-Mare Rothmann het gesê:
Dit is waar!!! EL-Mare uit Auckland, Nieu-Seeland.
1ste Des. 2010, 09:12