Dit laat jou dink

“Ons Kersfees in Nieu-Seeland” – SARIE-leser vertel

“Hier word twee keer per jaar Kersfees gevier. ‘n Midyear-Kersfees met partytjies by die werk. Sommige Kiwi’s maak hul huis oop en hou ‘n Kersete nes in Desember. As Christen-gesin voel ons die hele doel van Kersfees word gemis en ons neem nie hieraan deel nie.

“Die meeste van ons het geen familie hier nie, en Kersfees is ‘n moeilike tyd. Ons kry soveel moontlik mense bymekaar sodat niemand alleen is nie. Oukersaand hou ons ‘n ete saam met vriende wat “naaste familie” vir ons is. Dis ‘n groot gedoente met baie kos en tafels wat spesiaal gedek is. Onder die Kersboom is baie geskenkies gepak vir die kinders en Kersvader is hier om dit uit te deel.

“In die weke voor Kersdag sien jy oral vuurwerk. Die mense doen moeite met huise opmaak en duisende dollars word bestee aan liggies. Hier is selfs kompetisies vir die huis wat die mooiste versier is. In Auckland (dis 20 km suid van ons) is Franklin Street ‘n groot attraksie saans en jy kan nie met jou motor daar ry nie. Almal loop en bewonder die huise met duisende liggies en versierings. Daar is ook huise met sneeumakers voor in die tuin, sodat die kinders ‘n wit Kersfees kan beleef. Die winkels is tot 12-uur in die aand oop met baie spesiale aanbiedinge.

“Vanaf Oktober skiet hier ook winkels op wat net Kersgoed verkoop, ongelooflike versierings in enige tema en kleur waaraan jy kan dink.” – Madelyn Reimers, uit Nieu-Seeland

  • EL-Mare Rothmann

    Dit is waar!!! EL-Mare uit Auckland, Nieu-Seeland.