Ons stap die pad

SARIE - Januarie 2011

Ons stap die pad Foto’s: Phyllis Green Galery

"Ons wil die Camino stap. In SARIE lees ons Wendy Maartens was daar. Ons stuur vir haar e-pos, sy laat weet ’n kampstofie is ’n moet. Maar . . . ons stofie se gassilinder mag nie op die vliegtuig nie. Geen probleem, daar’s ’n sportwinkel in St. Jean. Vrydag begin ons sesuur die oggend stap. Probleem: Winkels maak eers tienuur oop. Nat en verkluim kom ons ná 30 km in Roncesvalles aan. My lewensmaat, Alex, vra dadelik: ‘Where can we buy gas?’ ‘Next town,’ sê die herbergier. Saterdag, ná 25 km, vra ons wéér. Net om te hoor: ‘No, next town.’ Sondag gaan staan ons op ’n bruggie en Alex sê: ‘Bid jy nou vir ons, vir ons mense tuis én vra sommer vir gas.’ Ek bid: ‘Asseblief, Here, ons kry koud, help ons met gas!’ 50 m verder steek Alex vas: ‘Ek glo dit nie!’ Op ’n paal staan 2 gasbotteltjies . . . Ons het op dié stap besef: Om te bid gee gas

Sonja van Niekerk - Oudshoorn

Verwante artikels

  • Stap jou kop oop

    Stap jou kop oop

    SARIE - September 2006

    Blase, seer kuite en ’n moeë lyf is als die moeite werd, sê dié wat graag staptogte aandurf. Hoekom? wil jy vra. Wag tot die gogga jóú gebyt het, sê die gesoutes

  • Stap vir stap gesonder

    Stap vir stap gesonder

    SARIE - April 2007

    Trek jou loopskoene aan. Dit sit jou kop en lyf in ’n splinternuwe rat

  • “Ons het op die stoep gebid dat mense sal inkom” – Skoonsusters begin bakery saam

    “Ons het op die stoep gebid dat mense sal inkom” – Skoonsusters begin bakery saam

    SARIE - Junie 2010

    Mense was skepties toe Corna Hibbert en haar skoonsus Jané, albei oud-onderwyseresse, in 2007 ’n aansitbakkery in Randburg begin het wat varsgebak verkoop – en dít naby ’n supermark. Vir Corna (41) en Jané (43) was dit ’n geloofstap.

Kommentaar

Web Development by FormFunction