01oranje_daisy
Dit laat jou dink

Oor ma’s en ma-wees

“My ma het altyd gesê ‘n mens moet altyd ‘n goeie paar skoene en ‘n goeie bed koop. Want as jy nie in die een is nie, is jy in die ander” – Gloria Hunniford, aktrise (Bron: Just Like Mum Says, Rosemarie Jarski)


Elke enkele besluit wat ek neem oor watter projek ek aanpak, wat ek die wêreld instuur, is omrede my kinders” – Meryl Streep, aktrise


“‘n Ma is iemand wat, as daar net vier stukke pastei vir vyf mense is, sal sê dat sy nog nooit regtig van pastei gehou het nie.” – Tenneva Jordan, skrywer van To Mom, With Love


“Biologie is die laaste ding wat iemand ‘n ma maak.” – Oprah Winfrey


“Ma’s hou meer van hul kinders as pa’s, want hulle kan met meer sekerheid sê die kinders is hul eie.” – Aristoteles