phyllis_122_rz
Dit laat jou dink

Op vriendskap! – ‘n SARIE-leser vertel

“Jonk getroud kom ek en my man terug SA toe met die droom van ‘n huis, kat, laggende kinders. In diens van my twee kleintjies pak die eensaamheid en ‘n lewe sonder vrede my. Dwing my op my knieë . . . Ses jaar later het ek ‘n groepie wonderlike vriendinne.

“Ek bid vir wysheid, want ek het ‘n ontluikende kunstalent, ‘n derde baba en groot finansiële druk. Ons trek baie. Hanneke bring borde eetgoed, Belinda help pak en Elizabeth reël ‘n kunsuitstalling. ‘n Groot sukses. Belinda koop en betaal skilderye af. Hanneke moedig my aan en Elizabeth en ek stap lang ente. Ons verhuis weer, maar hulle is dáár by my eerste KKNK-uitstalling – my groupies.

“Ons lag, deel wyshede, huil saam tot weersiens. Hoe beskryf ek dié gevoel? Vat dit van ‘n eens onseker, skaam vrou: Aanvaar dat mense van jou hou en onontdekte dinge in jou raaksien. Moenie dat komplimente stof vergader nie. God gee aan jou vriende – soms om jou te skaaf, soms om jou op te bou.” – Maria Oosthuizen, Mosselbaai

  • http://smwuedkikurc.com/ nwgkgz

    8JCTkK jymctmmueyqa, [url=http://huedetxgabwx.com/]huedetxgabwx[/url], [link=http://cokhnphbblct.com/]cokhnphbblct[/link], http://kbivteilgsmv.com/