Dit laat jou dink

Paaie en spore

Daar is versteekte paaie oral om ons. Paaie vir ons voete en harte. As ons oë oop is, sal ons hulle ontdek.

Die spore lê daar. Ons kan volg. En so, in die spore van padmakers, kan ons die weg ontdek. En Hy wat gesê het Hy is die weg en die waarheid en die lewe.

Koos van der Merwe, agterblad in SARIE Januarie 2010.