srstockandre1
Dit laat jou dink

Passiedoder waarvan min mans weet

’n Groot passiedoder vir vroue – waarvan min mans weet – is die een waar die man vra of hy maar kan nader skuif, nog nader, nog nader . . . daar’s hy! Jy sou dink dis goeie maniere om darem eers te vra – onthou net, om te vra is nie voorspel nie – maar vir haar is dit onromanties. En “Hoezit?” of “Hoe lyk’t?” is bloot onsensitief.

Want as jy moet vra, beteken dit jy is nie “in voeling” met haar of haar vroulikheid nie.

Daarom help sy jou reg met: “Moenie vra nie, voel net!” – André le Roux in sy SARIE-rubriek, Op die vrou af. Lees die volle rubriek hier.