Dit laat jou dink

Peter Veldsman

“Dis wonderlik om te weet ons Nasionale Tert word steeds gebak.” – Peter Veldsman, oud-SARIE-kosredakteur, koskenner en beoordelaar van SARIE KOS se melktert-wedstryd.

Van oral oor die land het lesers van hulle laat hoor met melktert-resepte wat die mond laat water. Inskrywings het ingestroom van plekke met lekkerlees-name soos Keimoes, Griekwastad, Mokopane, Bultfontein en Goedverwacht. Selfs uit Miami in die VSA!

 

**Hou SARIE.com dop vir spesiale agter-die-skerms-foto’s van die melktert-wedstryd, asook die wenresep en resepte van die naaswenners.