sr1011robvanvuuren35
Dit laat jou dink

Rob van Vuuren se lewenslesse

  • Ek weet werklik nie wat die geheim is van snaaks wees nie. Ek probeer bowenal eerlik wees en om my eie sin vir humor te vertrou.
  • Met Strictly Come Dancing het ek besef daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie. Soms doen jy jou beste werk as jy eenvoudig deur die pyn volhard.
  • Ek kom van die Oos-Kaap en beskou dit steeds as my geestelike tuiste. Ek kry krag van daardie mense wat so min het, maar die lewe met ’n glimlag en liefde tackle.
  • My ouma is vroeg in 2010 oorlede. Ek mis haar. Sy kon so goed stories vertel en was ’n goeie luisteraar. Sy het ’n groot invloed op my as mens en storieverteller gehad.
  • Ek wou nog altyd ’n akteur word, van kleintyd. Dis raar om daardie soort sekerheid te hê en ek is baie dankbaar daarvoor, ek is gelukkig. Dit is en was nog altyd my passie.
  • Die lewe, liefde, stories (om hulle te vertel, te lees, te luister of te kyk) laat my tiek. So ook musiek en die wêreld om ons.
  • Ek is spyt ek het nie die rekenaar uitgevind nie. Nee, ek grap net – ek is nie ingestel op spyt nie, behalwe as gereedskap om te verseker dat daar in die toekoms minder rede tot spyt sal wees . . .
  • As my vrou een ding aan my kan verander, sal dit wees dat ek minder tyd op my BlackBerry deurbring. Ek is verslaaf.
  • Ek sien graag die wysheid in eenvoudige dinge.