lean_and_quentin
Dit laat jou dink

SA fliek-première – al die foto’s

Die nuutste fliek uit die SA filmstal, Tornado and the Kalahari Horse Whisperer, is op 2 April by Monte Casino in Johannesburg bekend gestel.

Die regisseur is Regardt van den Bergh en die rolverdeling sluit in sy dogter, Leán van den Bergh, Quentin Krog, Danny Keogh, Joanie Combrink en Johan Stemmet se seun Carl Stemmet. Die fliek vertel die ware verhaal van Barrie Burger, die perdfluisteraar van die Kalahari, en die gebroke jong man, Pierre van Rooyen, saam met wie hy ‘n ewe gebroke skouperd, Tornado, help heel word.

Tornado and the Kalahari Horse Whisperer word op 10 April landwyd vrygestel.