Dit laat jou dink

SA vrouekrieketspeler Mignon du Preez (21)

“Ek is baie gedrewe. My ouers hoef my nie te dwing om te studeer of te oefen nie. Ek doen dinge voluit, ek kyk nie wat is die maklikste manier nie.Krieket leer jou aanhou en deurdruk. Sport is nie my hele lewe nie. Ek studeer B.Com.-bemarking.

“My kêrel, met wie ek al byna vyf jaar uitgaan, is weer goed met skryf en kitaar speel . . . ek het nie daardie talent nie. Hy doen wel sport vandat hy my ken! Ons vul mekaar aan. Baie mense dink meisies wat krieket speel, is mannetjiesagtig.

“Ek is baie girly. Op my eerste toer het ek baie moeilikheid gehad met my groot pienk tas en vanity case. Ons is byna beboet op die lughawe.”