SA Wêreldbeker die beste nog - só sê 'n kenner
Foto’s: Lizelle Lotter Galery
Die wêreld weet dit nou! Top BBC sokker-analis en voormalige Liverspool-sokkerspeler, Alan Hansen, het op IOL gesê dat SA se Wêreldbeker-sokkertoernooi in vergelyking met al die groot toernooie wat hy al bygewoon het beslis uitstaan.
In 'n rubriek vir die BBC skryf Hansen dat dit wat op die veld gebeur het effens teleurstellend was, maar dat die beste ding van die wêreldbeker die atmosfeer in Suid-Afrika self is.
"Die organisering was puik en plaaslike aanhangers was steeds ongelooflik, selfs ná Suid-Afrika uit die wêreldbeker geskakel is," het Hansen gesê.
"Die Suid-Afrikaanse mense het nie net die meeste van hul Wêreldbeker gemaak nie, hulle het dit verhef, en daarom moet dit in die geskiedenisboeke opgeskryf word as een van die bestes nóg."
Verwante artikels
-
Jo-Ann Strauss op Europa se grootste Saterdagaand-TV-program vir Wêreldbeker
SARIE - Junie 2010
Voormalige Mej Suid-Afrika en Top Billing-aanbieder, Jo-Ann Strauss, deel 'n bank met Lionel en sy dogter Nicole Richie op Europa se grootste Saterdagaand-TV-program. Sy vertel meer.
-
Marita van der Vyver oor haar weersin in sokker en rugby
SARIE - Junie 2010
-
Michélle van Breda vang sokkergees: "A-nee-a, dis 2010, dis Wêreldbekersokker, 'n vlag vir my motor sál ek koop."
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
-
PRETFOTO'S: Kaapstad se ongelooflike Wêreldbeker-gees
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Alhoewel die Sokker Wêreldbeker lank verby is, leef die herinnernge voort... Fotograaf Lizelle Lötter neem jou op 'n nostalgiese visuele reis.
















Kommentaar