news_idols_468_2
Dit laat jou dink

Sal jy aan Idols deelneem? Kyk wat sê julle

Só het julle in ons meningspeiling gestem:

Sal jy ooit aan Idols deelneem? (Gestel daar was nie ‘n ouderdomsbeperking nie)

  • Beslis! 4,1%
  • Nooit, ek kan glad nie sing nie 67%
  • As iemand my genoeg betaal, ja 15,5%
  • Eerder Supersterre vir my, dankie 0%
  • As ek net nie so skaam was nie 13,4%

En op Facebook?

“Nee wat dankie ! Ek weet waar le my talente en sing is nie een van hulle nie!” – Debbie Otto

“So slaan ek darem nie my naam met ‘n plank nie!” – Laetitia Olivier

“Ja ek sou definitief want ek het ‘n stem en kon nooit laat iemand dit hoor nie want ons het nie die geld gehaat nie maar nou is ek te oud daarvoor maar is mal daaroor om te sing.” – Joey Smith

“Dit is dalk tyd vir “SA het talent” vir die ouer mense met sing talent.” – Susan Fogwill

“Nee. senuwees….en kan nie lekker die rejection verwerk nie…” – Alice Adendorff