SARIE en Amor: Ons antwoord op jul kommentaar
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
Van julle het kritiek gehad omdat ons Amor se storie in die Desember-uitgawe geplaas het. Michélle van Breda, SARIE se redakteur, antwoord.
DIT HET JULLE GESÊ
Sophia: "Nouja tot die naweek het meeste nog saam met arme Amor geglo dit is nie Joost nie, maar in hierdie artikel wat ten minste reeds twee maande terug geskryf is word vrae aan haar gestel en antwoord sy vrae oor Joost en die video. Nou hoe het Sarie toe geweet dat Joost teenoor haar gebieg het? Of het sy hulle gekontak met hierdie soetsappige inligting. Niemand sal weet nie maar mense iemand maak van ons ape."
Anne-Marie: "Ek kan nie glo Sarie sit alweer vir Amor op hul voorblad nie."
Anelle: "Ek wil net my stem voeg by diegene wat teleurgesteld is in die SA Media wat "inkoop" in hierdie paartjie se bemarkingsfoefies. Ek het nog altyd gekies om tydskrifte soos Sarie te koop, omdat dit nie die "Huisgenoot" of "Heat" tipe tydskrif is wat bloot sensasie verkoop nie. En nou lyk dit my Sarie is besig om dieselfde oppervlakkige paadjie te loop. Beide die media en die paartjie is besig om heerlik geld te maak uit die "seerkry" ervaring en ek is bitter teleurgesteld dat Sarie by die sirkus aangesluit het. Ek koop al vir meer as 10 jaar elke maand die Sarie getrou, maar die tydskrif sal beslis nie weer in my inkopie mandjie beland nie."
EN JULLE HET SARIE VERDEDIG
Liesl Hugo: "Ek ken nie vir Joost of Amor nie...so oor hulle gaan ek niks se nie. Maar ek gaan opkom vir my vriendin SARIE wat nie veroordeel moet word oor sy iemand se siening wil deel nie. SARIE jy is altyd daar vir my as ek jou nodig het, so my vriendin jy is eerste op my inkopielys."
Petro: "Aan die wat nie Sarie wil koop nie dit is julle besluit, maar Amor en Joost Sage is 'n Spieel om na te kyk vir baie mense.."
Cobus Pretorius: "Aan elkeen van julle wat vir Amor en of vir Joost sterkte toewens en vir haar/hulle bid, well done. Vir die van julle wat so slim is om vir Amor te vertel Joost gaan nooit verander nie en veral vir die wat Joost oordeel omdat hy nou "die geloofskaart" speel, komaan julle, word wakker. Dit is ons mense wat hierdie mense ophemel. Dit is ons wat van Joost 'n held gemaak het en wat gejuig het toe hy 'n baie groot aandeel in die 1995 wereld beker oorwinning gehad het. Dit is ons wat Amor se CD's koop of die Sarie lees omdat haar storie nou weer daarin is. Hierdie mense is en sal altyd vanwee hulle bekendheid ONGELUKKIG (vir hulle en gelukkig vir ons sensasie soekers) altyd in die limelight wees, maar ons moet besef hulle is ook mense met foute en het ook 'n kans om te probeer regmaak wat verbrou is. En hier kom my geloofskaart. As jy jouself enigsins as 'n Christen beskou, hoe kan jy 'n oordeel vel oor iemand se ware berou al dan nie en hou op om te dink jy kan names God besluit oor vergifnis."
MICHÉLLE VAN BREDA ANTWOORD

Amor was in September 2000 laas op SARIE se voorblad. Dis nege jaar gelede. Intussen het haar profiel baie verhoog met optredes (ook by Skouspel), nuwe CD’s, en dies meer. Sy is ook iemand oor wie mense praat en van wie hulle meer wil weet en dis juis súlke bekendes wat ons op SARIE se voorblad sit.
Ons het in Junie vanjaar ‘n artikel met Amor gedoen en wou haar toe op die voorblad gebruik, maar ons en haar tydskedule het nie uitgewerk nie. Ons het tóé reeds besluit op 'n Desember-voorblad en 'n artikel oor die lewenslesse wat sy in dié moeilike jaar geleer het.
Intussen het Amor se situasie verander, daar was onthullings deur Joost, en ons het haar die geleentheid gegee om haar kant van die saak te stel. Dis iets wat SARIE graag vir mense doen, veral vir vroue.
SARIE betaal ook nooit bekendes vir voorblaaie of artikels nie.
Verwante artikels
-
Amor sê dankie vir SARIE-lesers
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 40
Die afgelope drie weke was emosioneel uitdagend vir Amor Vittone ná die onthullings in haar man, Joost van der Westhuizen, se biografie. Sy vertel hoe dit nóú met haar gaan
-
Amor: "Dit sal nooit weer wees soos dit was nie"
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 270
Hoe sien sy haar toekoms en wat van die bewerings oor ander minaresse? Hieroor praat Amor Vittone openhartig in Desember 2009 se SARIE.
-
Eksklusiewe uittreksel uit Joost se boek: Deel 1
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 11
Lees dié uittreksel uit hoofstuk 31 van die opspraakwekkende boek, Joost - Spiëelbeeld, oor die aand wat Joost ineengestort en in die waakeenheid beland het.
-
Kry Amor se voorbladvoorkoms
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
Amor vat aan haar hare wat los en krullerig op haar skouers hang. In Desember 2009 is sy en Joost sewe jaar getroud. Sy lyk vandag anders. Meer weerlose mens . . . steeds glansryk.
-
Manne se raad aan Joost
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 9
















Kommentaar
Nelmarie van der Walt het gesê:
Ons almal woon in huise van glas, versigtig vir die klippe wat jy gooi. Mense wat praat oor dat dit net vir geld en publisieteit is moet mooi gaan dink oor wat jy sou maak as jy in die Van der Westhuizen-paar se skoene sou staan. Veroordelings kom van die gene wat nog nie oor daai egbreuk-hekkie gegaan het nie, ons wat al daai een verby is het empatie met hul situasie. Sarie gee ons vroue en dogters 'n venster om deur te kyk, dis 'n lieflike tydskrif wat deel in lief en leed. Sarie is inspirasie, Sarie is 'n vriendin vir elke vrou...dalk nog die vriendin vir mans ook, wie weet wat die ou grotes daaruit kan leer!
24ste Mei. 2010, 09:47Edith Williams het gesê:
Amor ek bid vir jou vir krag, dit is nie 'n maklike tyd in jou en jou gesin se lewe nie. Daar is net een persoon wat julle kan dra en dit is God, gaan met julle pobleme na Hom, net Hy kan julle help. Houvas aan Hom en julle sal heel anderkant uit kom. Ek weet staan bemekaar, ek dink baie aan julle as gesin en kan julle net aan Hom opdra.
24ste Nov. 2009, 15:44Susan Forret het gesê:
Ek wens almal wil vir Joost en Amor uit los. Gun hulle die kans om hul lewe uit te sorteer en die beste te maak van 'n "nie so 'n goeie saak nie" En eintlik is dit nie ons besigheid nie. Hoeveel mans EN vrouens loop rond??? en daar word niks van gesê nie, dalk nog jou eie vrou of man!!!As Amor besluit om by Joost te bly of nie-dis haar besluit!! Ek wens net al die HUPS vrouens wil hulle in hou en enkel mas soek om mee tekere te gaan, dit is mos baie lekkerder of is 'n getroude man meer van 'n trofee??
24ste Nov. 2009, 15:09Yvonne het gesê:
Amor moet net glo en vertrou haar hart. Gee Joost nog 'n kans en sy sal nie spyt wees nie. Die lewe is te kort om wroeginge te koester. Ek het ook die storie gevolg en voel jammer maar dit het tyd geword om op te staan en lewe weer in oë te kyk en te glo. Mens vergewe en tyd sal leer om wonde te genees.
24ste Nov. 2009, 08:13Ina het gesê:
Los vir Amor uit ek dink sy is tops en weet sy is 'n groeie vrou een van hart en siel en baie liefde en dat sy en Joost die ding gaan uit werk ek wens die mense wil hul uitlos en bemoei met hul eie sake hul wil dinge uit sorteer en reg maak en wie gee ons die reg om te kies dit is vir Amor om te besluit nie vir ons nie en ek weet sy gaan die regte besluit maak daai liedjie van haar Voluit lewe se dit
20ste Nov. 2009, 13:24ri het gesê:
Well said marlene deysel... what comes around goes around.
19de Nov. 2009, 15:42Lo-Mari het gesê:
Dankie Sarie vir julle goeie tydskrif. Dankie ook vir Amor se artikel en die pragtige fotos van haar.
19de Nov. 2009, 15:03B Beylefeld het gesê:
Nelette Tromp - jy kon dit nie beter gese het nie! Ek stem 100% saam jou. SARIE DANKIE DAT JULLE AMOR OP DIE VOORBLAD GESIT HET! My dogtertjie is 4 jaar oud en getk oor Amor en sy is voorwaar iemand spesiaal.
18de Nov. 2009, 19:12Cathy de Jager het gesê:
Ook eers gedink ek is kleinlik deur gekul te voel met Sarie se Desember voorblad. Vir die eerste keer in baie jare sou 'n mens nie eers die uitgawe kon identifiseer as 'n kersuitgawe as dit nie aangedui was nie. Baie teleurstellende inhoud ook. In die verlede het ek altyd na die uitgawe lus gevoel om die kersboom uit te pluk met'n warm gevoel om die hart. Al die bladsye met Amor se sage wat ons al almal in die fynste detail ken kon plek gemaak het vir feestelike bladsy.
17de Nov. 2009, 14:29wendalls het gesê:
ja ek het ook nie gedink sarie sal so laag daal met hulle stories nie hulle is commin man praat altyd geloof ,,,die ,,here hulle man van bo dit is n bespotting sarie jy kan oor baie suid afrikaners praat ,,,en op jou voorblad sit,,,amy kleinhans ,,,miriam makeba...sindy nell...bianca le grange ...michelle botes die lys is eiendeloos skoor weg van commin onderhoude...maar ek gaan nie die desember uit gawe lees of koop nie maar wel in januarie wat van dunay nortjie take your pick....
17de Nov. 2009, 10:00Coppies het gesê:
Uitstekende bemarkings/media beplanning vir Joost & Amor.. en Sarie wat ongelukkig hul ook (indirek) ondersteun, met 'n voorbladstorie kort na Joost se publieke bieg-sessie. Die publiek is nie stupid nie, maar ons is beslis moeg van die twee mense wat verkies om in die media te wees.
17de Nov. 2009, 08:29Charlaine het gesê:
Geniet die Sarie nuusbrieg baie. Maak nie aan my saak wie op die voorblad is nie. Amore lyk pragtig. Ek geniet die tydskrif. Dankie, doen so voort.
16de Nov. 2009, 13:09Hyla het gesê:
SARIE, ek koop jou al is wie op die voorblad!! Het lankal gevra vir n voorblad waarop die redaktrise self is... enige kans daarvoor? - wat van Februarie want Januarie is seker al klaar op besluit...(was sy dalk al op n voorblad?)- ( moet se Amor op die Des uitgawe is pragtig,gebroke hart tenspyt!)
15de Nov. 2009, 15:59Marlene Deysel het gesê:
Ek hou ook nie van Amor op die Desember voorblad nie. Hoekom 'n hartseer vrou op die feestelike uitgawe se voorblad plaas? John Smit en sy pragtige gesin sou 'n meer gepaste voorblad gewees het. Ons is mense en daarom is ek seker daarvan dat almal van ons al klein en groot foute in die lewe begaan het. Ek weet ek het. Dit is ook nie 'n goeie eienskap om ander mense se lewens te kritiseer nie. Ek is egter al moeg vir die media se naiewiteit ten opsigte van Amor. Amor kan die res van die land bluf met haar goeie toneelspel as die verontregte vrou, maar nie vir my nie. Sy het 'n verhouding met Joost aangeknoop terwyl hy nog met sy 1ste vrou getroud was. Aan die begin van hierdie verhouding het sy in die media gespog dat sy vir hom 'n ruiker blomme gestuur het tydens die 1995 wereldbeker toernooi. Joost was in daardie stadium reeds verloof aan sy 1ste vrou. Hoekom sou enige vrou blomme stuur aan 'n verloofde man? Sy het duidelik nie Joost se verhouding met sy 1ste vrou gerespekteer nie. Ek kan nou al voorspel dat Amor vir Joost gaan vergewe. En hoekom nie? Hul is voels van eenderse vere. Hulle verdien mekaar. Wat my aanbetref kan hulle doen wat hulle wil. Ek sou egter verkies om nie weer van hulle in my gunstelingtydskrif Sarie te lees nie.
14de Nov. 2009, 22:42Sylvia het gesê:
Moet sê ek was ook nogal geskok toe ek sien Sarie het ook nou tot die van der Westhuizen sage toegetree. Het die laaste tyd net Sarie en Finesse gekoop. Ek dink net genoeg is nou genoeg. Joost het nou al soveel keer om verskoning gevra - vir wie moet hy nou nog vra. Steek jul hande asb op, sodat hierdie episode nou vir eens en altyd afgesluit kan word. Wie is ons as Jan publiek in elk geval dat hy vir ons moet verskoning vra. Wat Amor en Joost ookal besluit, dit is hul besluit. Maar hul word nie die kans gegun om hul werklike probleem te probeer oplos nie, want oral moet hul vure doodslaan en dit net omdat ons Suid Afrikaners so vol veroordeling is. Onthou, slegs God sal eendag oordeel. En die wonderlikste van alles is, soveel van ons het erger dinge gedoen, maar gerieflikheidshalwe en gelukkig was ons nie belangrik genoeg dat dit die media se ore bereik het nie. Ai Suid Afrika, Huisgenoot,koerante en ander tydskrifte, ons land bestaan mos uit miljoene ander mense. Hoekom bly hammer op dieselfde spyker. Dankie tog vir 'n tydskrif soos Finesse - van voor tot agter 'n plesier om te lees. Geen oordeel - slegs opbouende artikels.
14de Nov. 2009, 22:30sophie het gesê:
Sarie? Wat sou nou jou doel eintlik wees met die artikel? Sodat ander Sarie lesers moet leer van Amor, die sterk vrou en haar rondloop man? is julle waansinnig? Gee mense met regte waardes en tradisies 'n platform in julle tydskrif!! Ons lees graag goeie stories en rubrieke in Sarie maar my vriendin het my nou in die steek gelaat en sy moet liewer by die ander "skindergenoot" tydskrifte gaan skuiling soek!
14de Nov. 2009, 19:18Petro het gesê:
Baie dankie vir Michelle van Breda wat die (negetiewe en mense wat niks goeds kan se nie) goed op hul plek gesit het en dit op so n mooi manie gestel het....ek hoop al daardie mense voel soos poepolietjies!!!!!! Eks mal oor Sarie da is nie n dag wat verby gaan wat ek nie op die sarie webblad boer nie!!!!!mhwa love u guys!!!!
14de Nov. 2009, 12:38Lynette het gesê:
Ek is nie juis 'n Amor-fan nie, maar my hart bloei vir dié vertrapte, verkulde vrou. Géén vrou behoort so verneder te word nie. Marie Opperman het die artikel met soveel deernis en sensitiwiteit geskryf dat dit allermins sensasioneel is. Ek is bly ek het die artikel gelees. SARIE is, soos altyd, in die kol. Saggies loop, Amor.
14de Nov. 2009, 02:31Dee het gesê:
Ai toggie. Dat mense tog op hol kan trek oor sulke kleinighede. As Sarie nie gekoop word oor Amor op die voorblad is nie - dan is dit nou maar 'n persoonlike keuse. Maar is dit rerig nodig om tog so krities te wees - mens kan tog rerig nie almal bevredig nie. Dis tog nie so moeilik om net verby die Amor artikel te blaai nie is dit? En dan maar net al die ander heerlikhede te lees en geniet! En die wat Sarie glad nie weer sal koop nie oor Amor nou op die voorblad was? Hahaha Siestog man gaan lees maar 'n kookboek,en maak seker om die tv af te sit, moenie koerante koop, of nuus op die Internet lees nie hoor! Die lewe is so kort, en persoonlik dink ek dit vat 'n besondere sterk vrou om te erken hoe haar man haar verneder en seergemaak het. Viva Amor, bly sterk dis jou reg as vrou!
13de Nov. 2009, 21:58Louisa het gesê:
Ek is n getroue SARIE leser. Wie op die voorblad van SARIE is maak nie aan my saak nie, dit is die inhoud van die tydskrif wat tel. Amor en Joost sterkte aan julle. Ek het geleer in die lewe, dat niemand volmaak is nie, almal van ons het foute, so hou op om die bekendes te kritiseer. Amor en Joost sal hul eie probleme oplos sonder die hulp van die publiek. Hul antwoord sal hul by die Die Liewe Vader kry en is daar nie alreeds vir ons sondes aan die kruis gesterf nie?
13de Nov. 2009, 20:34Elize het gesê:
Emerelda en Maggie, ek stem 100% met jou saam!
13de Nov. 2009, 17:35Steffie het gesê:
Ek stem volhartig saam. Genoeg is genoeg. Ek kan nie al die onderhoude met radio stasies en tydskrifte verstaan nie. Hierdie mense pleit elke keer dat die publiek hulle tog maar net moet uitlos dat hulle hulle probleme tussen hulle kan uitsorteer. Maar gaan dit nou help as ons nog steeds elke dag onderhoude van hulle oor die radio en tv moet luister, en in tydskrifte en koerante van hule moet lees. Nee wat Sarie julle spring ook op die bandwagon. Hoe jammer.
13de Nov. 2009, 17:28Nelett Tromp het gesê:
Ek is bly Amor het SARIE gekies of altans ek is bly SARIE het Amor die kans gegee om haar se te se. Dis n eerbare tydskrif en het 60 jaar om dit te bewys. Nes Joost n eerbasre program(Kwela) gebuik het om sy kant te stel. Neem die bron in gedagte...hierdie is mediums wat die land vertrou(en daarmee bedoel ek mense)... My Desember Sarie het perongeluk natgeword en ek het n 2de een gaan koop ;) - net omdat n mens so n boek met respek moet hanteer en dit geld vir sy stories en projekte. Baie groete en lekker naweek uit Namibie.
13de Nov. 2009, 17:02Estelle het gesê:
Sarie is meer as net een storie oor Amor wat by 'n kruispad staan in haar lewe.As jou keuse om Sarie nie te koop nie deur een storie bepaal word, mis jy dalk uit op iets wat jou lewe kon verander.Ek reken Sarie is meer as die Amor storie! Alles sou dalk anders gewees het as Joost maande terug die waarheid vertel het, ons sou as 'n nasie reageer-sommige woedend kwaad en ander met baie raad. Ons sou dalk meer respek vir hulle gehad het as hulle dit stil in die privaatheid van hul huis gehou het-"geen kommentaar" eerder as om elke aksie se besonderhede bekend the maak.As Joost in die begin die waarheid vertel het, was iets anders nou al voorbladnuus...
13de Nov. 2009, 16:43Alice het gesê:
Ek het onlangs Sarie op facebook gevind en ek het die artikels so interessant gevind dat ek vir twaalf maande ingeteken het (ek is in Australie) om my Afrikaans te oefen (wink, wink).
13de Nov. 2009, 16:10Emerelda het gesê:
Sarie, geniet jou tydskrif baie, maar rerig. Raak nou bietjie te veel met Amor. Amor wil haar lewe privaat hou, nou hoekom dan tydskrifte toe hardloop? Hierdie hele storie van hulle maak my al siek, en dat Amor so stupid is om te glo dat haar man die waarheid praat, ek is nie eers getroud met hom nie en ek weet hy jok vir haar, en glo my ek dink daar is nog baie geraamtes in sy kas. Amor begin eerder jou eie lewe, maak nie saak wat hy vir jou ooit gaan sê nie, jy sal hom nooit weer kan vertrou nie. Hy loop nie net al 'n maand of twee rond nie, dis nou al jare. En hy lag eintlik vir jou, want jy is die sucker wat maar net by hom staan, so wat het hy om te verloor as hy kan maak soos hy wil en weet jy sal maar altyd daar wees. As Amor haar lewe wil privaat hou, wil ons niks meer weet van haar nie, ek weet dit klink dalk lelik maar weet jy, nie Amor of Joost is iemand by wie jy iets kan leer of iemand soos wie jy jou lewe sal wil ly nie. Celebrity wereld is 'n siek lewe. Ek is so dankbaar ek is maar net 'n normale mens, en nie so opsoek na aandag soos hulle nie. Amor, jy is 'n pragtige mens, moenie dat 'n man die res van jou lewe bederf as jy nog soveel dinge op jou eie kan bereik nie.
13de Nov. 2009, 14:32Maggie het gesê:
Ek was een van die eerstes wat gesê het ek sal nie die uitgawe koop nie. As joernalis verstaan ek dat nuuswaardigheid tydskrifte en koerante se grootste doel is, en ook dat tydskrifte maande vooruit beplan word. Ek het ongelukkig ook talle kontakte in die mediawêreld, en dit is 'n alombekende feit dat Amor tydskrifte teen mekaar afspeel vir die meeste publisiteit en dan op die laaste nippertjie kop uittrek as 'n beter aanbod op die tafel beland. Aa my bronne korrek is, het dit ook al met Sarie gebeur. Ek vind dit net jammer dat julle hierdie storie (al was dit ook 'per toeval') soveel prominensie gee. Al was Amor ook lank terug op die voorblad, was sy skaars 2 maande terug hier op die webblad, met die soetsappigste storie ooit. En vir die wat nou weer die klippe gooi en oordeel-relaas gaan ophaal, dit doen ek nie. Dis hulle persoonlike sake, wat ek sou verkies om nie van te weet nie. Maar dan moet hulle tog asseblief ophou om elke onbenullige en minder onbenullige detail van hulle lewe met almal te wil deel.
13de Nov. 2009, 11:16Michelle Nel het gesê:
Baie dankie vir 'n wonderlike tydskrif. Persoonlik hou ek nie van Amor nie en die hele Joost-Amor-sage neem steeds vir my 'n ongelukkige wending (dit wentel tog maar steeds net om geld, om raakgesien te word, om opgehemel te word ens.) Ek sal egter ongelukkig nie die Desember-uitgawe koop nie, want ek is nie van plan om by te dra tot hierdie sirkus nie.
13de Nov. 2009, 10:46Marietjie van de Wall het gesê:
Baie geluk met jul Sarie-voorblad met Amor. (Alhoewel ek mos altyd kla oor die donkerkoppe)Ek wil graag so nou en dan 'n blondekop op die voorblad sien.Toemaar, ek is nie kwaad nie, want jul tydskrif is puik. Ek is bly julle het Amor gebruik. Sy is 'n baie sterk vrou (Sarie bevorder die sterk vrouens) om deur al hierdie dinge met Joost te gaan en nog steeds haar kop hoog te hou. Wie is ons om vir haar en Joost te veroordeel.Ons is nie een perfek nie. Sy moet nou al die drade optel en 'n toekoms bou wat nie maklik gaan wees nie. Joost lyk of hy jammer is. Of hy sy gewoontes sal kan verander, sal net die tyd ons leer. Dit gaan nie maklik wees vir Amor en Joost nie. 'n Mens kan net vir hulle bid én vir hul kinders....
13de Nov. 2009, 09:46