SARIE leser se brief: Nuwe Wêreld
Drie maande gelede land ons in Rio de Janeiro met agt tasse, harte gevul van angs en opwinding. Dié besluit is goed deurdink, alle moontlikhede is oorweeg en die idee van “dis nie permanent nie” maak dit dalk makliker . . . so dink ’n mens.
Al die nuwe dinge hou jou kop en lyf besig en die tyd gaan vinnig verby tussen skool, huis, geregte, kultuur en die Skype uittoets met familie in SA.
Die opwinding is groot. Maar dan kom kuier ’n vriend en bring vir jou die Oktoberuitgawe van SARIE. Jy lees die redakteursbrief wat so spesiaal vir jou geskryf is. Dit bring reuke en smake van die bekende terug, verlange na kuiers met vriende en familie.
Jy word bang vir die “eendag terugkom”, want jy gaan anders wees. Gaan die bekende nog van jou hou? Gaan jy weer inpas? Maar die ma van ’n huis gaan nie lê nie. Jy is dapper en pak nuwe dinge geesdriftig aan.
Om ’n nuwe wêreld te leer ken is ’n geleentheid wat nie almal te beurt val nie. Om die skepping te aanskou vanaf ’n nuwe sonsopkoms is ’n voorreg.
Marinda Gerber,
Rio de Janeiro
Verwante artikels
-
Ma wat oorsee werk skryf aan haar SA-dogters
SARIE - Mei 2009 | Kommentaar: 16
Vanaand huil die woestynwind buite en ek verlang na die nat Kaap, boerebeskuit en 'n glasie rooiwyn voor 'n knetterende kaggel
-
My kind is op pad oorsee - ma vertel in haar wenbrief
SARIE - Desember 2010
-
SA ná 2 jaar oorsee - 'voel ons was nooit weg nie'
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Ons het 'n wonderlike maand in SA gehad, en het met nuwe oë na ons mooi land gekyk. Dit het gevoel of ons nooit weg was nie, behalwe vir die vreemde mense wat in ons huis woon. Ons is terug Hong Kong toe met bekers wat oorloop van inspirasie.
-
Wil jou kind oorsee gaan werk? Hier's raad
SARIE Augustus 2010
















Kommentaar